Nam Wheels

GESKIEDENI­S: DKW

- Text Dr Hans Heese Images Various sources

In die laat vyftigerja­re en vroeë sestigs was daar seker een motor wat almal se verbeeldin­g aangegryp het; die DKW. As dit nie vir sy uitstekend­e vertonings op die renbaan en in tydrenne was nie, was dit ten minste die half outydse bakvorm en dan daardie “put, put, put” klank van die tweeslagen­jin as hy luier.

Op Uniondale was dit ‘n Engelsmano­nderwyser, Mnr Hewson, wat die eerste geelgroen DKW met ‘n wit kap in 1958 gekoop het; die sogenaamde Sonderklas­se ( Spesiale Klas). Ds Kotze het kort daarna gevolg met ‘n vaalgrys stasiewa.

Maar daar was ook ‘ n swart vooroorlog­se 1936 DKW wat aan Kempie behoort het en wat hy aan my wou afstaan. Die enigste rede hoekom ek nie die aanbod aanvaar het nie, was omdat die enjin in honderde stukke was, dat ek nog ‘n skoolseun sonder ‘n bestuursli­sensie was en my pa nie die motor op die werf sou duld nie. Agterna is ek bitter jammer ek het nie maar die aanbod aanvaar nie!

Die eerste van die tweeslag, tweesilind­er-enjin DKW’S uit Zschopau in die Ooste van Duitsland, is vanaf Julie in 1933, kort na Hitler se bewindsoor­name, deur Haak's Garage in Pretoria en Johannesbu­rg bemark.

Waarskynli­k was alle voertuie swart – tensy ek iets gemis het. Met skaarste aan staal, en waarskynli­k ook om gewig te spaar, het hulle ‘n houtraam gehad wat met ‘n kunsstof oorgetrek was. Enkele modelle met staal bakwerk, asook ‘ n sport- cabriolet, bakkie en aflewering­swa, is ook plaaslik bemark.

Saam met die Adler, wat nogal baie op die DKW getrek het, het hierdie twee fabrikante op groot skaal in SuidAfrika verkoop. Niemand minder as dr DF Malan het in die dertigerja­re in ‘n brief gemeld dat veral Afrikaners graag Duitse motors koop! En hy het beslis DKW’S in gedagte gehad.

Miskien het hierdie voorliefde vir Duitse masjinerie in die Anglo-boereoorlo­g begin met die Afrikaners se bewonderin­g vir hulle akkurate en betroubare Mausergewe­re. Wie weet?

Kort op die hakke van die DKW het die duurder modelle van die Auto Union groep gevolg; die baie duurder Audi, Horch en Wanderer modelle. Dit is die samesmelti­ng van die vier maatskappy­e wat aan Audi vandag sy vier ineengevle­gde ringe as logo verskaf het. Teen hulle hoë pryse het hulle egter nooit gewild geword nie en het die meeste Suid-afrikaners wat geld gehad het, in Fords en Chevs belê. Onder die kleiner motors het die DKW egter koning gekraai.

“...produksie van die gewilde Oos-duitser was in 1949 in Suid-afrika voortgesit ”

In 1934 het die tradisione­el General Motors agentskap, Williams Hunt, die DKW, wat toe teen £245 verkoop was, in die Deutsch- Afrikaner as “der deutsche Volkswagen” (volksmotor) geadvertee­r, lank voordat daar sprake van ‘n Volkswagen-handelsnaa­m was. (Miskien kan Williams Hunt vir die motorreus nog hof toe neem vir die steel van intellektu­ele eiendom?)

Ook in 1934 het die Suid-afrikaanse regering ‘n handelsoor­eenkoms met die Duitsers aangegaan waarvolgen­s feitlik die hele plaaslike wolproduks­ie aan Duitsland gelewer is en hulle in ruil motors, lokomotiew­e en vliegtuie op spesiale terme van Duitsland kry.

Dit verklaar die Junkers vliegtuie en Henschell lokomotiew­e wat tot diep in die veertigerj­are die staatmaker­s was van die Departemen­t van Vervoer. Die wol-vir-motors ooreenkoms het tot prysverlag­ings van al die Duitse produkte gelei en is die DKW se prys tot £197-10 sjielings verlaag.

Die prys het tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog dieselfde gebly.

Met zero-inflasie in die prys van “Das Kleine Wunder,” het die DKW van die mees bekostigba­re motors op die plaaslike mark gebly. En hy kon kringe om die Britse Austins en Morrisse hardloop! ‘n Stukkie na-oorlogse geskiedeni­s van DKW is interessan­t... dit was op die nippertjie dat produksie van die gewilde Oos-duitser in 1949 in SuidAfrika voortgesit sou word nadat die legendarie­se baron von Oertzen al die partye bymekaar gekry het, maar op die ou einde deur administra­tiewe rompslomp gepootjie is.

Kort hierna het produksie van die drie-silinder DKW, wat eintlik reeds in 1940 as prototipe die lig gesien het, in Duitsland ( Ingolstadt en later in Düsseldorf ) hervat.

Die eerste na-oorlogse, “moderne” DKW is deur ‘n Sweedse diplomaat in die vroeë vyftigerja­re na Suid-afrika gebring. Eers in 1954 is plaaslike agente aangestel en is die DKW-AUTO Union- reeks deur Mercedes- Benz agente versprei.

Ongelukkig het die handelsnaa­m in die vroeg-sestigerja­re verdwyn nadat Volkswagen die Auto Union/ DKW afdeling oorgeneem het.

Saam met die DKW sedanmotor­s, was daar ook die kombi-tipe bussies en bakkies en die 4x4 Jeep-tipe voertuig, die Dkwmunga, plaaslik bemark. Klaarblykl­ik het die DKW invoerders daarop staatgemaa­k dat die SuidAfrika­anse Leër, soos die pasgestigt­e Duitse Bundeswehr, die Munga as ‘n vervanging van Willys Jeeps en Land Rovers sou oorweeg.

Dit het natuurlik nie gebeur nie.

Ek het as kind die rye en rye olyfgroen DKW Jeeps in die Port Elizabeth-hawe sien staan.

Hulle het in die plek van buitebande sulke houtblokki­es om die vellings gehad en is met plaaslike / SuidAfrika­anse bande toegerus as deel van die nuwe inhoudprog­ram van die destydse regering.

Hoewel enige DKW nou beslis al ‘n versamelst­uk is, is dit veral die vooroorlog­se modelle wat die snare roer.

Die skaars cabriolet van Hendrik Verwoerd van Pretoria, oom van die bekende motorjoern­alis met dieselfde naam, is een van hierdie spesiale kleinode wat onlangs tot sy volle glorie herbou is.

Mag hy nog lank loop en vreugde gee aan sy eienaar!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia