Nam Wheels

TOYOTA ETIOS SPRINT

Bekostigba­re vervoer en ‘n naam wat mens kan vertrou.

- Text Johan Mouton Images Toyota South Africa

Die Etios was nog altyd ‘n baie belangrike model in die stal van Toyota Suid Afrika en dié model is redelik gewild in ‘n baie kompiteren­de segment.

Dit bied bekostigba­re vervoer in ‘n tyd wat motors baie duur geword het.

Toyota se Etios word in Indië vervaardig vir die Indiese mark, asook vir Suidelike Afrika, Brasilië en Indonesië.

Toyota het een van die drie plaaslike modelle, naamlik XS, ‘n kosmetiese opknapping gegee en ook die voertuig se naam verander na Etios Sprint.

In Suid-afrika is slegs die 1,5 liter petrol enjin te kry in al drie die modelle.

Die veranderin­gs is aan die voertuig se voorkant met ‘n herontwerp­te sierrooste­r en buffer. Onder is ‘n luginlaat, wat die volle breedte van die neus strek met groot luggate en ingeboude misligte.

Agter het die buffer nou ‘n vou sodat die profiel van die kant uitstaan. Die nuwe buffers verleng die Sprint met meer as 100mm.

Al hierdie veranderin­ge, saam met die groter 15 duim allooi wiele, onderskei die Sprintmode­l duidelik van die ander variasies in die Etios-reeks.

Die ander twee modelle bly basies dieselfde. In beide die Xi en die Sprint is daar ook ‘n sedan weergawe te koop.

Die duurste Etios model, die Cross, is slegs in ‘n luikrug te kry.

Vir so ‘n kleinerige motor is die binneruimt­e goed en die bagasierui­mte agter in die luigrug is van die groter in sy klas, terwyl die Etios sedan sommer lekker baie pakplek het. Binne in die nuwe Etios is daar nie juis iets wat verander het nie en is dit basies, maar tog funksionee­l met die groep instrument­e en sy kontroles saam in die middel geplaas.

Die voertuig se spoedmeter en toeretelle­r is alby groot en duidelik genoeg terwyl die afstandmet­er egter klein is en moeilik is omraak te sien.

Dieselfde swart en grys harde plastiek word binne gebruik, wat miskien nie luuks lyk nie maar waarskynli­k duursaam is, en nie gou verwering sal wys nie.

Ek vind die plasing van die spoedmeter in die middel, en nie reg voor die bestuurder nie, nogal ongemaklik, maar daaraan sal ‘ n mens seker gewoond kan raak.

Die sitplekke is van material wat duursaam voel en redelik stewig lyk.

Daar was egter ‘n geratel of twee binne die toetsmotor­s wat ons op die verskillen­de roetes bestuur het.

Toyota se nuwe Etios Sprint is ook toegerus met lugreëling en het elektriese vensterrui­te voor.

Aandrywing bly dieselfde 1,5 liter viersilind­er petrol enjin wat in die hele Etios reeks te kry is.

Die 1,496cc enjin ontwikkel 66kw en ook wringkrag van 132Nm. Dit is gekoppel aan ‘n vyfspoed ratkas.

Die kragbron is heel lewendig en rats... en baie gemaklik in stedelike gebiede.

Op die oop pad teen normale snelhede voel die Etios Sprint stewig en veilig.

Die groter bande, met ‘n effe laer profiel van 185/60R15, dra waarskynli­k hiertoe by. Die Etios se 1.5L enjin is baie gewillig, maar raak soms effe uit asem teen lang bulte of opdraande.

Die vyfspoed ratkas sit egter glad oor en dit is dus maklik om vinng na vierde rat terug te gaan.

Veiligheid­skenmerke van die Etios Sprint-model sluit twee lugsakke voor in.

Daar is ook die standard ABSremme met EBD, en ‘n ekstra (vyfde) sitplekgor­del agter in die voertuig vir ‘n passasier in die middel.

Elke Etios modelle het ‘n twee jaar of 30,000km diensplan en ‘n waarborg vir drie jaar of 100,000km.

Die volledige reeks bestaan uit drie luikrug weergawes en twee sedans:

Luikrug

• Toyota Etios 1.5 Xi

N$ 165,338 • Toyota Etios 1.5 Sprint

N$ 174,114 • Toyota Etios 1.5 Cross

N$ 196,004

Sedan

• Toyota Etios 1.5 Xi

N$ 173,711 • Toyota Etios 1.5 Sprint

N$ 182,083

Wanneer met grootte, krag en prys vergelyk word, is die Ford Figo ( 82kw/ 136Nm), VW Vivo (55kw/132nm), en Renault se nuwe Sandero (66kw en 135Nm), ‘n paar ander fabrikate wat oorweeg kan word.

Al hierdie modelle van die ander vervardige­rs het ook verskillen­de opsies waaruit gekies kan word en die pryse sal wissel van die model wat gekies word, maar hulle val in dieselfde prysklas as die Etios.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia