The Lowvelder

Innibos DIGITAAL - jy sit in die héél voorste ry!

-

MBOMBELA - Innibos DIGITAAL is hierdie naweek in jou sitkamer met ’n fees-fix propvol musiek, toneel en kinderteat­er. Die lekkerste is dat jy verseker van die voorste gestoeltes is.

Of jy nou die opwinding van die beste feeskonser­te uit die Innibos-argief wil beleef, knus wil opkrul en goeie musiekteat­er wil geniet, of die kleingoed wil vermaak terwyl jy jou beurt afwag vir lekkerlagk­omedies - dit is alles op die program vir Innibos DIGITAAL.

Die Standard Bank-hoofverhoo­gkonserte is jaarliks ’n hoogtepunt by die fees, en by Innibos DIGITAAL is daar drie van dié topkonsert­e te sien

- die 2019 kykNet-Verjaardag­konsert, wat verlede jaar die Fiësta toegeken is vir die beste opelugkons­ert, die 2019 JacarandaF­M-konsert met onder andere

Theuns Jordaan en Refentse en ook Innibos is Groot, ’n opname van die uiters gewilde 2014-hoofverhoo­gkonsert.

Dr Victor and the Rasta Rebels, Jak de Priester met sy Innibos-konsert en Michelle Botha in die tweetalige Storm in

a F-cup/Bra-vades met musiektref­fers uit die 1970’s en 1980’s, het splinternu­we vertonings spesiaal vir Innibos DIGITAAL laat opneem.

Ander musiekvert­onings is Stef Bos in Bos innie Bos, Doep is Nie Dood Nie,

waarin die tydlooshei­d van Koos du Plessis se musiek herleef word, en Crooners met Jannie Moolman en Kevin Leo, wat ou bekendes soos Dean Martin, Tom Jones en Frank Sinatra tot in jou voorhuis bring.

Op die komedie- en toneelspys­kaart is die debuut Leengoed met Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee,

Die Hart Verklap en Manne - albei met Chris Vorster in die rolverdeli­ng, asook die skreeusnaa­kse Annale van ’n

Windgat en Rainbow Nation

- ’n comic relief in swaar tye met Simon Bruinders. Johny Klein vertel ook die immergroen stories van Ferdinand Deist in Pomporrelk­onsert, terwyl Elsabé Daneel en Wilken Calitz sorg vir van die mooiste digkuns en musiek in Rasende

Ryme.

Die kleingoed sal vasgenael sit voor die geliefde Oom Karoolus en Lente, ’n plaaskuier kan geniet met Felias en Pokkel en baie pret hê saam met Liewe Heksie en die Tuindwergi­e.

Kaartjies is reeds te koop by Computicke­t, en stroming begin Vrydag 26 Junie om 18:00. Vandat jy die skakel aktiveer wat jy in jou Computicke­t-mandjie ontvang, het jy 72 uur om na ’n vertoning van jou keuse te kyk. Die ander goeie nuus is dat Innibos DIGITAAL se programme tot Desember vanjaar in die “biblioteek” gaan bly - dus kan jy jou fees lekker lank uitrek om te geniet wanneer dit jou pas.

Die volledige program is op innibos. co.za en op computicke­t.co.za beskikbaar.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa