The Lowvelder

Massiewe luislang maak hom tuis op plaaslike kleinhoewe

- Buks Viljoen

WITRIVIER - Werkers op ‘n kleinhoewe in die Yaverland-omgewing het Maandag erg die skrik op die lyf geloop terwyl hulle ‘n hoop tuinvullis opgeruim het.

'n Massiewe 4,2 m lange luislang, waarvan die geslag nog nie bepaal is nie, het lêplek onder die hoop takke gekry.

Volgens Andrew Geldenhuys van Reptile Recovery in Witrivier, het hy omstreeks 15:00 ‘n benoude oproep van die hoeweeiena­ar ontvang oor die glibberige reptiel wat hom daar tuisgemaak het.

Hy het aanvanklik die noodoproep deurgegee aan die slangvange­enheid van

J&M Sekuriteit.

Gerhard de Beer, Morgan Ngobe en Andrew Calitz is uitgestuur. “As gevolg van die grootte van die reptiel het die manne my ingeroep om te kom help. Die slang was redelik kalm, maar het na my gepik toe ek nader aan hom kom,” vertel Geldenhuys.

Hy sê die slang het in daardie stadium die bosse probeer invlug.

“Met ‘n gesukkel is die reptiel vasgetrek en nadat ons hom vir ‘n paar minute onder bedwang gehou het, het hy kalmeer. ‘n Luislang put homself gewoonlik gou uit as hy stoei en dan raak hy rustig.”

Die reptiel weeg 45 kg en is een van die grootstes wat hy nog gevang het, sê Geldenhuys. Die slang is in ‘n bebosde gebied op die Spitskop-pad vrygelaat.

Vroeër die jaar het Geldenhuys die grootste luislang ooit in sy loopbaan, ‘n bielie van 5,5 m lank, in ‘n plantaise naby Brondal gevang.

Die dier moes egter van kant gemaak word omdat dit erg beseer is toe werkers dit met kapmesse toegetakel het. Shaun Terblache van J&M Sekuriteit sê hulle het die afgelope maande buitengewo­on baie slange, waarvan die meeste swartmamba­s was, gevang. Geldenhuys sê hy kan enige tyd uitgeroep word om reptiele te red. Skakel hom by 082-854-3744.

 ?? > Foto's: J&M Sekuriteit ?? Gerhard de Beer en Andrew Calitz.
> Foto's: J&M Sekuriteit Gerhard de Beer en Andrew Calitz.
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa