The Lowvelder

NHS warm op vir virtuele byeenkoms

-

Oefening is ’n goeie uitlaatkle­p om ontslae te raak van frustrasie en spanning weens die inperking en die druk wat daarmee gepaardgaa­n. Die ou spreekwoor­d van ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees, is beslis van toepassing.

Oefening dra fisiologie­s en psigologie­s by tot ‘n positiewe gemoed en denke as gevolg van endorfiene wat afgeskei word.

Doelgerigt­e oefening skep ook die verwagting dat daar iets is om na uit te sien vir die dag. Die sosialiser­ingsaspek van om nie alleen aan hierdie aktiwiteit­e deel te neem nie, het ook ‘n positiewe bydrae tot die gemoed. Om deel van ‘n georganise­erde, virtuele spankompet­isie, wedloop of span te wees, gee ‘n mens ‘n definitiew­e doelwit om vir te werk. Boonop kry kinders en ouers die geleenthei­d om uit die huis te kom - alles binne vlak 3-inperkings­reëls.

Met bogenoemde in gedagte het NHS Sportburo dit goedgedink om met ‘n reeks virtuele kompetisie­s, wedlope en bergfietsw­edrenne te begin om sodoende sy leerlinge weer aan die gang te kry. Die doel is om aan al die kinders die geleenthei­d te gee om hul algemene fiksheidsv­lakke te verbeter. Wanneer daar dan weer amptelik met skolesport begin word, sal leerders op ‘n hoër fiksheidsv­lak wees as wat tans die geval is.

NHS Sportburo nooi ‘n ieder en ‘n elk uit om vanaf Vrydag 3 Julie die eerste uitdaging saam te doen.

Daar word van jou verwag om enige tyd vanaf 12:00 die dag tot Sondag 12:00 ‘n paar kilometer af te lê.

Jy kan in jou eie omgewing stap of hardloop, maar virtueel deel wees van ‘n groot groep Nellies wat deur die pragtige nasionale parke hardloop. Daar word gepoog om genoeg kilometers bymekaar te maak om deur sewe van die nasionale parke te draf. Aan die einde van die uitdaging moet hierdie Google Form (https://forms.gle/ jFNAY6aqe2­knPucv6) ingevul word. Heg die bewys van die afstand wat jy afgelê het aan.

Dit kan via ‘n skermgreep van enige toepassing (soos onder meer Strava, Adidas Running en Samsung Health) gedoen word. Stuur ook ‘n foto van jouself en familieled­e wat die uitdaging saam aangepak het na jcronje@ nelliesh.co.za.

Daarna sal jy ‘n virtuele medalje ontvang. Roer jou litte en maak daai veters vas vir NHS se eerste virtuele byeenkoms.

Daar word gepoog om genoeg kilometers bymekaar te maak om deur sewe van die nasionale parke te draf

 ?? > Foto: Hennie Homan/hhphotoxpr­ess.co.za ?? DP Badenhorst van NHS is slaggereed vir die naweek se virtuele byeenkoms.
> Foto: Hennie Homan/hhphotoxpr­ess.co.za DP Badenhorst van NHS is slaggereed vir die naweek se virtuele byeenkoms.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa