The Lowvelder

Feesganger­s stroom wêreldwyd

-

MBOMBELA - Innibos DIGITAAL het die afgelope naweek sy aanlynprem­ière gehad en mense wêreldwyd het die onderskeie vertonings gestroom. Van die lande van waar daar virtueel feesgevier is, sluit in Namibië, die

VSA, Australië, Taiwan, Nigerië, die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein en Duitsland.

Nadat dit vir die Standard Bank Innibos Nasionale Kunstefees duidelik geword het die fees kan nie in Junie in Mbombela in sy normale gedaante plaasvind nie, is koppe bymekaarge­sit en Innibos DIGITAAL het die lig gesien: 20 feesproduk­sies, watfe ester re ink on se rte, toneel, kinderteat­er en musiekvert­onings insluit, is op ’n aanlynplat­form beskikbaar gestel.

Virtuele vertonings het die afegelope paar maande skerp toegeneem weens die voortslepe­nde Covid-19 ko ron avirusp and emie. Innibos is egter die eerste om ’n volledige feesprogra­m aanlyn aan te bied. Deur konserte te stroom, kan kunstenaar­s in hierdie tye ten minste ’n inkomste verdien.

Die 20 vertonings is op Computicke­t beskikbaar en kan tot Desember gestroom word. “Dit is nou soos BoxOffice of Netflix - jy kan kyk net wanneer jy wil, ” sê Sandra Jacobs, media- en be mar kings bestuu rd er van Innibos.

Daar is in die eerste naweek bykans 1 000 kaartjies verkoop, wat beteken dat ‘n gemiddeld van 4 500 mense Innibos DIGITAAL geniet het.

“Ons het glad nie geweet wat om te verwag ten opsigte van die kaartjieve­rkope nie, maar ons is versigtig optimistie­s dat die verkope oor die volgende paar maande sal toeneem,” sê Andy Lubbe, feesbestuu­rder.

“Die gewildste produksie die afgelope naweek was die kykNET-Verjaardag­konsert. In hierdie vertoning kon mense die energie en opwinding van verlede jaar se hoofverhoo­g weer beleef. Die terugvoer van veral die oorsese kykers was oorweldige­nd positief.”

Buiten die feesproduk­sies is daar ook ’n kans om by die gewilde Innibossta­lletjies “inkopies” te doen. By die Boswinkel op Innibos se webwerf (innibos.co.za) kan daar na hartelus tussen al die produkte gesnuffel word. Transaksie­s is regstreeks met die uitstaller­s.

Dié diens word gratis deur Innibos aan sy uitstaller­s gebied, aangesien hierdie marksektor ook erg geraak is weens feeste wat gekanselle­er moes word.

Daar is selfs ’n gratis virtuele kunsuitsta­lling op die program. Die 60 finaliste van die Innibos Nasionale Handwerkko­mpetisie se werke is op die webwerf te sien, en meer as 600 mense het reeds sedert die begin van die afgelope naweek aanlyn na hierdie besondere uitstallin­g gaan kyk.

Kaartjies vir Innibos DIGITAAL is beskikbaar by www.computicke­t.com. Die volledige feesprogra­m kan op www.innibos.co.za gesien word.

Die digitale fees vervang nie die fisiese Standard

Bank Innibos Kunstefees vir 2020 nie. Die datums is na 16 tot 19 Desember verskuif en die feesbestuu­r beplan ’n opwindende program hiervoor.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa