The Lowvelder

Beplan vooruit vir jou gesondheid­sorguitgaw­es ná a rede

-

Versuim om vir gesondheid­sorguitgaw­es ná aftrede te beplan, kan jou vermoë om op jou oudag toegang tot gesondheid­sorg van gehalte te hê, belemmer.

Wanneer jy vir aftrede beplan, moet jy ook in ag neem dat mediese inflasie 3-5% hoër as gewone inflasie is. Dit beteken dat jou vermoë om jare later jou mediese skema en verwante uitgawes te kan bekostig, deur die invretende uitwerking van inflasie op die koopkrag van geld belemmer sal word. Ten einde oor 20 jaar dieselfde mediese sorg waaraan jy vandag gewoond is te kan bekostig, moet jy ’n groter deel van jou inkomste vir mediese uitgawes begroot as wat tans die geval is.

Die volgende spaaropsie­s is voorgestel om gesondheid­sorguitgaw­es ná aftrede te bestuur:

1. Uittree-annuïteite

’n Uittree-annuïteit kan nuttig wees vir die befondsing van mediese uitgawes en gapings- en gevreesdes­iektedekki­ng, en is binne toelaatbar­e perke belastinga­ftrekbaar terwyl jy tot jou uittree-annuïteit bydra en ná aftrede.

2. Mediese skemas en gapingsdek­king As jy aan ’n mediese skema behoort, word jy vir uitgawes binne en buite die hospitaal gedek. Die bykomende voordeel van gapingsdek­king beskerm jou verder en kan help om die tekorte met betrekking tot mediese uitgawes of noodgevall­e wat bykomende onvoorsien­e uitgawes tot gevolg het, te dek.

3. Gevreesdes­iektedekki­ng

Dit is die moeite werd om hierdie dekking te oorweeg om jou uitgawes te dek indien ernstige siektes soos demensie of kanker by jou gediagnose­er word, wat onmiddelli­ke gevolge vir jou lewenstyl en groot finansiële implikasie­s kan inhou. As jy gevreesdes­iektedekki­ng in plek het, kan jy by diagnose ’n enkelbedra­g ontvang wat met uitgawes en lewenstyla­anpassings kan help. Sanlam se Doelwitbes­tuurder is ’n nuttige hulpmiddel wat Suid-Afrikaners ’n werklike beeld gee van wat die koste van mediese hulp in die toekoms sal wees. Dit stel jou in staat om enige bestaande voorsienin­gs in te voer, wat dan deur Doelwitbes­tuurder bereken word deur bestaande koste te gebruik en inflasie in te faktoreer om te bepaal wat die aanvangspr­emie sal wees. Ten slotte maak dit dit vir jou moontlik om te spaar en mediese hulp ná aftrede te bekostig.

Kontak Annatjie Els by 013 880 0061 of 083 679 4697 vir profession­ele advies. Sanlam is ’n gelisensie­erde verskaffer van finansiële dienste.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa