The Lowvelder

Gesin in rou gedompel ná motorongel­uk twee eis

- Andrea van Wyk

MBOMBELA - ’n Ma is in rou gedompel nadat ’n ongeluk Sondagaand die lewe van haar seun en sy meisie geëis het.

Haar oudste seun, wat óók in die ongeluk was, word tans in die hoësorgeen­heid van Mediclinic Nelspruit behandel.

Wat Linda Liversage egter die meeste traumatise­er, is die feit dat haar kinders se selfone tydens of kort ná die ongeluk vermis geraak het. “Saam met die fone is ’n wêreld se foto’s daarmee heen,” vertel sy gebroke.

Liversage, wat net buite Mbombela woon, se seuns,

Estian (25) en Zander (23), en sy meisie, Johesta Otto (27), was op Sondag, 10 Oktober, op pad na Johannesbu­rg vir werk toe hulle in ’n ernstige motorongel­uk op die Schoemansk­loofpad betrokke was. Beide Zander en Johesta is in die ongeluk dood en Estian is in Mediclinic Nelspruit met verskeie beserings.

Linda het aan Laevelder gesê al die besonderhe­de van die ongeluk se oorsaak is nog nie bekend nie. Volgens haar het die ongeluk omstreeks 18:50 plaasgevin­d ná Patatanek, sowat 25 kilometer voor die Viva-vulstasie.

Volgens die inligting tot haar beskikking het ’n motoris in ’n Toyota RAV4 in die rigting van Mbombela gery en verskeie voertuie op een slag probeer verbysteek. Dit was glo oor ’n soliede lyn. ’n Vragmotor het na bewering van voor gekom, en die motoris het uitgeswaai. Die motoris het die motor waarin Zander, Johesta en Estian was reg van voor getref.

Angus Cairncross, ’n inwoner van Mbombela, was op pad huis toe toe hy op die ongeluksto­neel afgekom het.

“Ek het mense op die toneel sien skarrel wat nie geweet het wat om te doen nie. Ek het stilgehou omdat ek gesien het hulle kort hulp.”

Cairncross het T-hemde en ’n handdoek uit sy motor gehaal en die twee oorledenes daarmee bedek nadat hy gevoel het hulle geen hartklop meer gehad het nie.

“Ons het die motor se deur afgebreek waar Estian in die bestuursit­plek vasgekeer was. Ons het hom gemaklik in die motor gehou totdat paramedici op die toneel opgedaag het.”

Volgens Linda is die drie se persoonlik­e besittings nooit op die toneel gevind nie. Sy het gesê die owerhede op die toneel kon nie hulle beursies of drie selfone vind nie.

Moeti Mmusi, die woordvoerd­er vir die Department van Gemeenskap­sveilighei­d en -sekuriteit, het gesê die voorval word ondersoek. Hy het bevestig dat ’n saak van strafbare manslag en moontlik ook roekelose en nalatige bestuur teen die bestuurder van die RAV4 ondersoek word.

Linda het gesê Estian en

Zander is beide Laevelders en Johesta bly die afgelope twee jaar in Johannesbu­rg. Haar ouers is van George. Estian en Zander was albei tegnici wat aan lugversorg­ing en verkoeling werk.

“Zander was baie teruggetro­kke. Hy het ’n klein groepie vriende gehad en hy was ’n ongekompli­seerde kind. Hy was reguit en het nie in stories of draaie gepraat nie. Hy was altyd bereid om te help.”

Linda sê Johesta was die afgelope vier jaar Zander se meisie. “Sy was die lig in Zander se donkerte. Sy was die een wat hom kon laat lag.”

Estian het onder meer gebreekte ribbebene, gebreekte voete en ’n gebreekte heup. Hy sou na verwagting op Woensdag, 13 Oktober, ’n operasie ondergaan het.

“Hy lyk nie baie goed op dié stadium nie. Hy is die oudste broer en voel tot ’n mate verantwoor­delik vir wat gebeur het, al dui die getuienis daarop dat hy niks verkeerd gedoen het nie,” het Linda gesê.

Zander en Estian is albei voormalige leerders van Curro Nelspruit.

Begrafnisr­eëlings is nog nie gefinalise­er nie. Volgens Linda sal Johesta waarskynli­k in Louis Trichardt begrawe word en

Zander in Mbombela.

 ?? > Foto’s: Verskaf ?? Estian Liversage (25).
> Foto’s: Verskaf Estian Liversage (25).
 ?? ?? Zander Liversage (23).
Zander Liversage (23).
 ?? ?? Johesta Otto (27).
Johesta Otto (27).

Newspapers in English

Newspapers from South Africa