The Lowvelder

Juané skitter op die atletiekba­an, mik vir Paralimpie­se Spele

- Andrea van Wyk

MBOMBELA - Vir Juané le Roux (14) van Hoërskool Nelspruit is haar gebrek iets wat deel is van haar lewe.

Só is sy gebore en dis haar eie normaal, vertel sy aan Laevelder.

Sy het onlangs skitterend op die atletiekba­an by die Gautengse Paralimpie­se byeenkoms in Boksburg uitgeblink, waar sy drie Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters onder 14 jaar opgestel het.

Nie net het sy dié rekords gebreek nie, maar absoluut verpletter met tientalle meter. In gewigstoot het sy die rekord verbeter vanaf 2,4 m na 12,34 m, skyfwerp van 8,4 m na 36,5 m en spiesgooi van 7,9 m na 22 m. As ’n mens haar ontmoet is sy egter ’n doodgewone hoërskoolm­eisie met groot drome om eendag op die wêreldverh­oog in atletiek te presteer. “Ek was so trots op myself nadat ek die rekords gebreek het, maar dit is alles te danke aan die Here wat daardie dag by my was,” het sy gesê. Juané het vertel dat haar afrigter, D. P. Badenhorst, ook ’n belangrike rol in dié prestasie gespeel het.

“Hy het van die begin af die potensiaal in haar raakgesien. Ons het tot onlangs nie geweet dat sy hierdie tipe rekords breek nie, en

D. P. ook nie, omdat hy haar soos ’n gewone kind afrig,” het Juané se pa, Henk, gesê.

Sy het eers die afgelope jaar ernstig begin om atletiek te beoefen.

Juané se linkerarm is 30 cm korter as wat dit moet wees. Sy het ook nie ’n hand aan die arm nie.

“Ons is nie seker wat gebeur het nie. Toe ek gebore is, het hulle gesien ek het een arm. Die dokters het gesê daar is baie moontlike dinge wat kon gebeur het.

“Hierdie is vir my normaal. Vir ander mense is dit nie normaal nie, want hulle het twee arms. Dit is nie iets wat my terughou nie.”

Henk sê hulle het nie vooraf geweet dat Juané met ’n gebrek gebore sou word nie.

“Ek het voorheen gedink dat dit haar terug gaan hou, maar sy was een van die eerste kinders in gr. R wat haar skoenveter­s kon vasmaak. Sy was ook as klein dogtertjie in die koerant vir haar prestasies in perdry. Sy is elke dag vir ons ’n inspirasie,” het hy gesê.

Atletiek is deel van haar toekomspla­nne en Juané wil graag Suid-Afrika by die

Paralimpie­se Spele in 2024 in Parys verteenwoo­rdig.

Haar raad aan ander kinders wat in ’n soortgelyk­e situasie as sy is, is om nie te bekommer oor wat ander mense oor hulle dink nie.

“Moet nooit dink dat jy minderwaar­dig is omdat jy net een been of geen arms het nie. Die Here het jou gemaak soos jy is vir ’n rede.”

‘Hierdie is vir my normaal. Dit is nie iets wat my terughou nie’

 ?? ?? Juané le Roux (14).
Juané le Roux (14).

Newspapers in English

Newspapers from South Africa