The Lowvelder

Dogtertjie bederf die DBV se diere op haar verjaardag

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - As jy Emilie Labuschagn­e, ’n bekkige sesjarige, vra wat haar superheldk­rag is, is haar antwoord om ander te help.

Vir haar sesde verjaardag op Maandag was die tema superhelde, en volgens haar ma, Mariska, het dié tema homself daartoe verleen om ’n superdaad te vermag.

Dié jongeling het presies dit gedoen toe sy in plaas daarvan om geskenke van haar maatjies te verwag, hulle eerder versoek het om vir haar honde- en katkos te gee, sodat dit aan die DBV geskenk kan word.

“Na ’n gesprek met Emilie oor wat op haar geskenkwen­slys is, het ons tot die slotsom gekom dat sy genoeg speelgoed gehad het.

“Daar het die plan begin vorm neem dat dit ’n superheld-ding is om ander te help; haar keuse was om diere te help.”

Mariska beskryf haar dogtertjie se daad nie noodwendig as ’n liefde vir diere nie, maar ’n liefde daarvoor om te help.

“Die diere by die DBV was maar net een van haar uitlaatkle­ppe om op haar manier te kan help.”

Mariska sê hoewel ’n paar maatjies se mammas doodseker wou maak dat Emilie rêgtig net troeteldie­rkos wou hê, die bydraes méér was as wat hulle kom droom.

Dié superdaad het woorde soos “cool” en “amazing” by die maatjies uitgelok.

Toe Emilie gevra is hoe die dag en die daad haar laat voel het, kon sy net een woord uitkry: “Lekkeeerrr!”

Na haar besluit om die diere met haar geskenke te help, het Emilie se pa, Francois, haar DBV toe geneem sodat sy kon sien wat dit behels en waarvoor sy haar geskenke verruil.

“Van ’n mamma en pappa se kant af kon ons sien dit het ’n glimlag op haar gesig gesit! En die stappie deur die honde en katte se hokke kon haar visueel wys dat die kos regtig nodig is.”

Emilie is ’n baie energieke dogtertjie en wanneer sy nie ander help nie, hou sy van ballet, fietsry en speel.

 ?? > Foto: Verskaf ?? Emilie en al haar geskenke.
> Foto: Verskaf Emilie en al haar geskenke.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa