The Lowvelder

Lang herstelpad lê vir man voor ná ongeluk

- Andrea van Wyk

MBOMBELA - ’n Lang pad van herstel lê vir Estian Liversage (25) voor na hy onlangs in ’n ernstige motorongel­uk op die Schoemansk­loof-pad sy broer en meisie aan die dood afgestaan het.

Estian was op Sondag 10 Oktober op pad na Johannesbu­rg saam met sy meisie, Johesta Otto (27), en sy broer, Zander

(23), toe hulle deur ’n ander motor reg van voor getref is. Albei Zander en Johesta is in die ongeluk dood.

Sy ma, Linda, het aan Laevelder gesê hy sal teen die naweek uit die hospitaal ontslaan word indien sy behandelin­g glad verloop.

Hy het op Woensdag 13 Oktober ’n operasie aan sy knie ondergaan en moet op Woensdag 20 Oktober ’n heupoperas­ie kry.

“Estian gaan ’n lang rehabilita­sieproses moet ondergaan. Wanneer hy ontslaan word, sal hy vir eers in ’n rolstoel moet wees omdat sy enkels vergruis is. Sy oppervlakk­ige wonde soos kneusplekk­e en snye word mooi gesond,” het

Linda gesê.

Estian het verskeie beserings in die ongeluk opgedoen, onder meer breekplekk­e in sy voete, knieë, linkerarm, ribbebene en heup, asook ’n besering in sy long.

Sy het gesê dit gaan op ’n emosionele vlak nie goed met hom nie, en dat hy sukkel om sy broer en meisie se dood te verwerk.

Volgens Linda word Johesta op Donderdag 21 Oktober in Louis Trichardt begrawe. Zander is op Woensdag 20 Oktober veras.

“’n Diens vir Zander sal gehou word sodra Estian uit die hospitaal ontslaan is. Hy is reeds hartseer omdat hy nie Johesta se begrafnis sal kan bywoon nie.”

Intussen het Linda se dogter, Bianka, ’n BackaBuddy-veldtog begin om fondse in te samel. Die fondse sal onder meer gebruik word om Johesta se begrafnisk­ostes te dek asook vir

Estian se rehabilita­sie. Weldoeners en gemeenskap­slede het teen Dinsdagmid­dag 19 Oktober meer as R118 000 geskenk.

Die drie jongmense was op pad na Johannesbu­rg vir werk toe die ongeluk op die Schoemansk­loof-pad ná Patatanek plaasgevin­d het.

’n Motoris in ’n Toyota RAV4, wat in die rigting van Mbombela gery het, het na bewering verskeie voertuie op een slag probeer verbysteek, en dít glo oor ’n soliede lyn. ’n Vragmotor het na bewering van voor gekom en die motoris het uitgeswaai. Die motoris het die motor met Estian, Zander en Johesta reg van voor getref.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Volgens Linda het die drie se persoonlik­e besittings, soos selfone en gereedskap, ter waarde van sowat

R160 000, van die toneel af verdwyn en is dit tot dusver nog nie gevind nie.

 ?? > Foto: Verskaf ?? Estian Liversage (25).
> Foto: Verskaf Estian Liversage (25).

Newspapers in English

Newspapers from South Africa