The Lowvelder

Oudsakeman van Mbombela sterf na kort stryd met kanker

-

MBOMBELA - Andries Esterhuize­n (85), ’n welbekende inwoner van die stad, is op 5 Oktober ná ’n kort stryd met aggressiew­e kanker oorlede.

Volgens sy familie het hulle geweet sy gesondheid is besig om te kwyn, maar hulle het nie verwag dat sy afsterwe só vinnig sou kom nie.

Esterhuize­n is in 1937 in Beaufort-Wes gebore, waar hy gematrikul­eer het en in diens van die destydse Volkskasba­nk vanaf Desember 1954 tot Augustus 1957 was.

Esterhuize­n het sedert 1968 in Mbombela gewoon. Hy het vanaf 1957 tot en met 1979 vir Sanlam gewerk, waarna hy VerreOos Makelaars op 1 Julie 1981 gestig het. Volgens sy familie was hy ’n ywerige sakeman en in die laat sewentiger­jare was hy die ondervoors­itter van Nelspruit se sakekamer. Hy was onder meer betrokke by die oorspronkl­ike ontwikkeli­ng van Rocky Drift.

Hy was ’n kaptein in die weermag en het in Julie 1963 aangesluit. Tot in die laat negentigs het hy in die plaaslike kommando gedien.

Esterhuize­n was ’n lidmaat van die NGSuid Gemeente vanaf 1975.

Volgens sy familie was hy ’n kranige atleet wat sy Westelike Provinsie-kleure in kort afstande behaal het. Hy het uitgeblink as vleuel in rugby en het dit geniet om staaltjies te vertel oor al die drieë wat hy gedruk het.

Hy het ’n besonderse liefde vir die natuur, mense, die bosveld en sy kleinkinde­rs gekoester. Hy het altyd tyd gehad om te gesels.

Sy familie sê hy laat ’n geweldige leemte by sy dogter, Theresa, sy seun, Hein, sy broer, Chris, asook sy skoonkinde­rs Andrew en Michele, en sy kleinkinde­rs, Andrew jr., Anushka, Ethan en Aidan.

Sy vrou van 60 jaar, Helena, is verlede jaar skielik aan ’n hartaanval oorlede. Sy het in die tagtigerja­re ’n naaldwerkw­inkel in Mbombela bedryf.

’n Gedenkdien­s vir Esterhuize­n word op Saterdag, 16 Oktober, om 10:00 vanuit die NG-Suid Gemeente gehou. Vir navrae, skakel Theresa by 072 012 9991.

Hy het uitgeblink as vleuel en het dit geniet om staaltjies te vertel oor al die drieë wat hy gedruk het

 ?? ?? Andries en sy oorlede vrou Helena Esterhuize­n, saam met Theresa Martin.
Andries en sy oorlede vrou Helena Esterhuize­n, saam met Theresa Martin.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa