The Lowvelder

Sewende wedren vir 77-jarige fietsryer

- Izak du Plessis

MBOMBELA - Santie Fourie is 77, ’n ma van twee kinders en ouma van een kleinkind.

Dié vietse ouma het onlangs die Cape Town Cycle Tour in vyf ure en 30 minute voltooi.

Sy is die toonbeeld van gesondheid en fiksheid, en ’n mens kan haar nie met die stereotipi­ese beeld van ’n ouma assosieer nie.

Fourie sê dit is die sewende keer dat sy aan die ren deelneem.

“Dit is nooit maklik nie, maar dit is altyd lekker. Vanjaar was die weer boonop onverbeter­lik en ’n mens kon die pragtige uitsig vanaf Chapman’s Peak waardeer,” sê sy.

Fourie is topfiks en sê dat sy geen fisieke probleme tydens die fietsren van net oor die 100 km ervaar het nie, maar sy gee toe dat die ren sy tol op haar sitvlak geëis het. Sy kon vir ongeveer twee dae lank nie behoorlik sit nie.

Volgens haar ry sy al sowat 27 jaar lank fiets. “My grootste doel is om klaar te maak met ’n fietsren.”

Sy het op die rype ouderdom van 50 jaar begin ry omdat haar man en almal rondom haar gery het en sedertdien nog nie weer opgehou nie, vertel sy.

“Fietsry is maar ’n gevaarlike sport weens die gebrek aan behoorlike roetes, veral in die Laeveld, maar ons probeer maar altyd om so veilig as moontlik te ry deur so ver as moontlik links op die skouer van die pad te bly,” sê sy. “Maar die skoonheid van die Laeveld vergoed vir die risiko’s wat met die sport gepaardgaa­n. Ek geniet veral die tyd van die lemoenbloe­isels en die ryk voëllewe van die Laeveld.”

Fourie sê verder dit help dat sy deel is van ’n ondersteun­ingsgroep, die Bittereind­ers, wat mekaar mooi bystaan, veral wat veiligheid betref.

“Ek probeer twee keer per week sowat 50 km op my fiets aflê en ek doen gereeld gimnasiumw­erk om fiks te bly.”

Sy en haar man, Elie (79), met wie sy nou al 57 jaar getroud is, het in 1969 die eerste gimnasium in die toenmalige Nelspruit oopgemaak.

Sedertdien is sport en liggaamlik­e fiksheid deel van hul alledaagse lewe. Hulle hele familie, eet, drink en slaap oefening.

Hulle seun,

Nick, en sy vrou, Michele, woon in Austin, Texas. Hulle dogter, Manda, skoonseun, Simon, en kleindogte­r, Roxy, woon in Kaapstad.

“Ons boer in die gimnasium,” sê Elie, wat deesdae ’n ondernemin­g bedryf wat oefenappar­ate aan gimnasiums verskaf. “Aftrede sal my dood beteken, daarom werk ek eerder tot ek doodgaan; ek kan nie stilsit nie.”

Hy kon weens ’n rugproblee­m nie aan vanjaar se Cape Town Cycle

Tour deelneem nie. “Maar ek begin binnekort weer oefen vir ander fietsrenne en volgende jaar staan ek by die wegspringp­lek in Kaapstad,” sê Elie, terwyl hy homself maklik uit die stoel lig om vir ’n foto te poseer.

Santie sê sy oefen nog haar lewe lank en is goed met sport. “Dis nooit te laat om te begin oefen nie,” sê Santie terwyl sy langs Elie stelling inneem.

‘My grootste doel is om klaar te maak met ’n fietsren’

 ?? ?? Elie (79) en Santie Fourie (77).
Elie (79) en Santie Fourie (77).

Newspapers in English

Newspapers from South Africa