The Lowvelder

VF Plus se 2021-Manifes: Die verval kan gestop word

-

Die VF Plus se manifes vir die plaaslike regeringsv­erkiesing op 1 November is ’n boodskap van hoop; ’n boodskap dat dit wel moontlik is om die verval van plaaslike regering in Suid-Afrika te stuit en te stuur in ’n rigting wat tot voordeel van almal in SuidAfrika sal wees.

Dit word duidelik in die VF Plus se tienpuntpl­an, wat die kern van sy manifes vir 2021 vorm, uitgespel.

Die verval van dorpe en stede is duidelik sigbaar. Inwoners word oorbelas en ontvang nie waarde vir geld nie.

Hierdie verval belemmer ekonomiese groei en werkskeppi­ng. Geen sakeondern­eming kan floreer terwyl daar gebrekkige infrastruk­tuur en dienslewer­ing is nie.

Die ANC het bewys dat hy nie kan regeer nie. Dit is ook bewys dat waar ’n politieke party alleen regeer en te veel mag het, dit tot magsmisbru­ik, politieker­y, korrupsie en verkeerde prioriteit­e lei.

Die oorsake van korrupsie, wanbestuur, beurtkrag, waterbesoe­deling en swak dienslewer­ing, kan voor die deur van die

ANC se beleidsrig­ting geplaas word.

Die VF Plus staan op teen hierdie beleid en bied hoop vir ’n beter toekoms met gelyke geleenthed­e vir almal.

Die party se span parlements­lede, provinsial­e wetgewerle­de, munisipale raadslede, personeel, aktiviste en vrywillige­rs het bewys dat hulle die gemeenskap dien, effektiewe opposisie bied, probleme oplos en kan regeer daar waar die VF Plus tans deel van veelpartyr­egerings is.

Die VF Plus se 2021-manifes verduideli­k die konkrete oplossings wat die party se beleid bied, wat dienslewer­ing en munisipale bestuur sal verbeter.

Vandag se Manifes 2021-bekendstel­ling het hibried plaasgevin­d met lede regoor die land wat ook via ’n virtuele platform ingeskakel het. Dit is ook regstreeks op sosiale media uitgesaai.

VF Plus Mpumalanga se kandidate werk vir jou

Die aanloop tot die opkomende munisipale verkiesing is nie die enigste tyd wat die kandidate van VF Plus in Mpumalanga hard werk nie. Hierdie 64 gesigte is welbekend in hul gemeenskap­pe vir die dienste wat hulle lewer.

Hierdie kandidate is versigtig deur die VF Plus gekies en bestaan uit lede van plaaslike gemeenskap­pe wat uitsonderl­ike, selflose werk vir ander gemeenskap­slede lewer.

Die VF Plus is vasbeslote om die verval in plaaslike munisipali­teite te stop. Hierdie 12 kandidate het dit hul doel gemaak om ’n beter omgewing en regering vir hul plaaslike gemeenskap­pe te verseker.

Hierdie promosiear­tikel is betaal deur die betrokke politieke party en bevat die menings van die kliënt en nie dié van die publikasie waarin dit verskyn nie.

 ?? ?? Ken Robertson: Stad van Mbombela, Wyk 1.
Ken Robertson: Stad van Mbombela, Wyk 1.
 ?? ?? Liam Richard: Stad van Mbombela, Wyk 17.
Liam Richard: Stad van Mbombela, Wyk 17.
 ?? ?? Christo van der Walt: Nkomazi, Wyk 6.
Christo van der Walt: Nkomazi, Wyk 6.
 ?? ?? Urie Snyman: Stad van Mbombela, Wyk 14.
Urie Snyman: Stad van Mbombela, Wyk 14.
 ?? ?? Nico Prinsloo: Nkomazi, Wyk 30.
Nico Prinsloo: Nkomazi, Wyk 30.
 ?? ?? Christo Peyper: Stad van Mbombela, Wyk 15.
Christo Peyper: Stad van Mbombela, Wyk 15.
 ?? ?? Juliana van Heerden: Thaba Chweu, Lydenburg, Wyk 14.
Juliana van Heerden: Thaba Chweu, Lydenburg, Wyk 14.
 ?? ?? Frik Rousseau: Thaba Chweu, Lydenburg, Wyk 1.
Frik Rousseau: Thaba Chweu, Lydenburg, Wyk 1.
 ?? ?? Elsa Olivier: Thaba Chweu, Lydenburg, Wyk 13.
Elsa Olivier: Thaba Chweu, Lydenburg, Wyk 13.
 ?? ?? Gerda Venter: Thaba Chweu, Lydenburg, Wyk 12.
Gerda Venter: Thaba Chweu, Lydenburg, Wyk 12.
 ?? ?? Freddy Robertson: Stad van Mbombela, Wyk 30.
Freddy Robertson: Stad van Mbombela, Wyk 30.
 ?? ?? Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
 ?? ?? Monique Bornman: Stad van Mbombela.
Monique Bornman: Stad van Mbombela.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa