The Lowvelder

Weermagver­eniging laat militêre veterane nie in die steek nie

- Buks Viljoen

MBOMBELA - Ondersteun­ing, erkenning, herdenking en nasiebou.

Dit is die vier pilare waarop die waardes van die SA Weermagver­eniging (SAWV) berus.

Die SAWV is op 14 Februarie 2009 gestig nadat ’n behoefte ontstaan het om meer aandag aan alle militêre veterane te skenk.

Die vereniging is gestig in belang van alle oudlede wat diens tydens die bestaan van die Unie Verdedigin­gsmag in 1946 tot aan die einde van die bestaan van die SA Weermag in 1994 gelewer het, asook lede van die SANW ná 1994.

Om te kwalifisee­r vir lidmaatska­p moet ’n lid gedien het as dienspligt­ige in die kommando’s, in die reserwemag of in die staande mag.

Alle soldate in uniform wat in die SA Leër, SA Lugmag, SA Vloot en SA Geneeskund­ige Dienste gedien het, sowel as lede van die SWAGM (Suidwes Afrika Gebiedsmag), kwalifisee­r om aan te sluit as volwaardig­e lede van die SAWV.

Om die doelwitte uit te brei en om die vereniging se aktiwiteit­e meer toeganklik te maak, word daar tans landswyd “eenhede”, wat onder die bestuur van die nasionale raad wat in Pretoria gesetel is, op die been gebring.

Die Laeveld-tak, bekend as Leo, is onlangs gestig met Piet van Zyl, ’n oudlid van die Nelspruit-kommando, as voorsitter.

“Veterane op alle vlakke en van alle magte wat in en vir Suid-Afrika diens gedoen het, kan by die plaaslike tak aansluit. Hiermee wil ons ook die kameraderi­e wat oudsoldate vroeër beleef het, weer laat opvlam,” sê

Van Zyl.

Die Leo-tak van die SAWV wil hulle onder meer toespits om nie net maatskapli­ke en geestelike ondersteun­ing, maar ook maatskapli­ke behoeftes, aan oudsoldate te bied.

Hulle wil ook ’n grootskaal­se poging aanwend om soveel moontlike militêre veterane wat oor die jare van die radar af verdwyn het, op te spoor.

“Daar gaan onder meer sigbare en tasbare erkenning aan veterane gegee word. So kan die SAWV byvoorbeel­d soldate wat nog nooit hulle medaljes wat hulle verwerf het, ontvang het nie, help om dit te bekom.

“Een van die belangriks­te ondersteun­ings is Projek Kiewiet, wat hulp aan veterane gee met die registrasi­e op die Departemen­t van Militêre Veterane Databasis,” sê

Van Zyl.

Sodra ’n veteraan op die databasis geregistre­er is, beywer die SAWV hulle met hulpverlen­ing, vir hulle om aansoek te kan doen vir voordele soos medies, behuising en studiehulp soos dit voorsien word deur die Militêre Veteranewe­t.

Funksies soos die maandeliks­e ontbyt en die jaarlikse afsluiting word ook beplan.

Die nuut gestigte Leo-tak gaan binnekort hulle eerste vergaderin­g hou en belangstel­lendes kan Van Zyl by 082 459 8112 kontak. Verdere inligting is beskikbaar op die webwerf www.sawv.co.za.

Daar gaan onder meer sigbare en tasbare erkenning aan veterane gegee word

Newspapers in English

Newspapers from South Africa