The Lowvelder

Samesyn en inspirasie slyp skrywers op Kaapsehoop

- Linzetta Calitz

KAAPSEHOOP - Deelnemers aan die Standard Bank Innibos Kunstefees se skrywersly­pskool wat verlede week op dié dorp gehou is, is dit eens dat hul penne na dese propvol ink is.

Tien voornemend­e en reeds gepublisee­rde skrywers het die slypskool bygewoon wat deur dr. Riana Scheepers aangebied is. Die slypskool is moontlik gemaak danksy ’n ruim borgskap van die Nasionale Afrikaanse Teaterinis­iatief (NATi).

Van die onderwerpe wat getakel is, sluit in die taksering van tekste in uiteenlope­nde genres, fokalisasi­e van karakters, die uitdagings van vertaling en om ’n verhaal in slegs ses woorde te vertel.

Scheepers sê: “Dit was ’n uitsonderl­ike groep vroue. Hoe lekker was dit nie om hulle te sien ontluik nie!”

Sy het die week se “Hertzogpry­s” aan Lili van der Zee toegeken, wat haar tekste gelaai met patos gelewer het.

Die slypskool is Vrydag afgesluit deur twee sprekers wat die praktiese fasette van die skryfavont­uur uitgelig het.

Dr. Nicol Stassen, die eienaar van Protea Boekehuis, het uitgestipp­el waarna uitgewers op die uitkyk is wanneer ’n manuskrip op die tafel land en hoe die publikasie­proses beloop.

Gielie Hoffmann, ’n lewensafri­gter van Pretoria, het op sy beurt die klem laat val op onder meer die veerkragti­gheid en dissipline wat skrywers aan die dag moet lê.

Annemarie van der Walt, die organiseer­der van Innibos se woordprogr­am, sê die skryftalen­t onder die deelnemers was “verbluffen­d goed”.

“Daarby is die ondersteun­ing van NATi om die kunste in Afrikaans ’n hupstoot te gee in hierdie uitdagende tye, werklik betekenisv­ol,” het sy gesê.

 ?? ?? Aspirantsk­rywers aan die werskaf.
Aspirantsk­rywers aan die werskaf.
 ?? ?? Gielie Hofmann, Riana Scheepers, Nicol Stassen en Annemarie van der Walt.
Gielie Hofmann, Riana Scheepers, Nicol Stassen en Annemarie van der Walt.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa