The Lowvelder

Die matte kraak weer onder ywerige karatekas

- Stefan de Villiers

Tot die groot verligting van ouers en karatekas eweseer, het New World Shotokan Karate vir die eertse keer in byna twee jaar weer ’n kampioensk­ap aangebied.

Deelnemers het met groot ywer deelgeneem en groot opwinding het op dié dag by die militêre sportsaal geheers.

Tot ’n sekere mate was daar weer ’n gevoel van normalitei­t met die paviljoene gevul met ouers honger vir sport en wat die kleinspan luidkeels toegejuig het. Covid-19protokol­s was egter steeds van toepassing en is streng deur Bruce Macaulay toegepas.

Dit was ’n vriendskap­like kampioensk­ap waartydens net shotokan-styl dojos deelgeneem het, en NWS Skukuza, NWS Hazyview, NWS Witrivier, NWS

Nelspruit en SKISA (Shotokan Karate Internatio­nal - SA) was goed verteenwoo­rdig.

Sensei Piet Venter, wat weer met trots langs die karatematt­e kon staan, het gesê dit was fantasties om weer te kon deelneem. “NTT Toyota Witrivier het menige deelnemers se dag opgehelder deur die pragtige medaljes wat hulle geborg het. Die noodhulpdi­enste is deur

ER24 Lowveld waargeneem. Ons wil hulle bedank vir hul onbaatsugt­ige en uiters profession­ele diens. Die Covid-beheermaat­reëls was toegepas deur Bruce, wat hom skitterend van sy taak gekwyt het,” het hy gesê.

In die dames opeafdelin­g was Carien de Bruyn van die Witrivier NWS dojo die kampioen in die kumite- (gevegskuns) en kata-afdelings, en in die mans opeafdelin­g het Philip Eloff van NWS Witrivier weggestap met ’n goue medalje vir kumite. Hugo Lusse van NWS Hazyview het die kata-afdeling gewen.

Belangstel­lendes kan Venter by 083 629 4475 kontak.

 ?? ?? Zaine Lubbe.
Zaine Lubbe.
 ?? ?? Fruwin Elliott van NWS Nelspruit.
Fruwin Elliott van NWS Nelspruit.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa