The Lowvelder

Larissa Maritz kom in hof voor

- Buks Viljoen

KOMATIPOOR­T - Die nou reeds berugte Marlothpar­k-inwoner wat by talle beweerde ‘swendelary­e’ betrek is, het haar rieme styfgeloop.

Saterdag het die polisie op die dorp ’n voorlopige beskerming­sbevel op Larissa Maritz beteken nadat ’n plaaslike sakevrou die hof om hulp genader het.

Juanita Swanepoel, die eienaar van Funky Fashions op die dorp, het vir die bevel aansoek gedoen nadat sy vasgestel het Maritz misbruik glo haar ondernemin­g se naam. In haar verklaring sê Swanepoel sy het van die beweerde gebruik van Funky Fashions se naam bewus geword nadat ’n vrou klere by ’n vlooimark in Marlothpar­k bestel het, maar dat dié nooit afgelewer is nie.

Lelanie Basson van Lydenburg het in Julie die bestelling van R1 600 betaal, maar het steeds nie die klere ontvang nie.

Basson het kort daarna vir Swanepoel gekontak om oor die transaksie te kla.

Swanepoel het aan Basson gesê sy weet nie van so ’n trankasie nie.

In korrespond­ensie tussen Basson en die verkoper, wat sy toe as Karla leer ken het, het sy daarvan bewus geword dat Maritz nie die verkoper is nie.

Sterk beweerde boodskappe van Maritz aan Basson is as bewysstukk­e aan Swanepoel se hofaansoek geheg.

Op 28 November, tydens ’n besoek aan Marlothpar­k, het Basson en haar man, Otto, Maritz se motor langs die pad sien staan.

Tydens ’n konfrontas­ie het Maritz toe glo beweer sy is mede-eienaar van Funky Fashions. Dieselfde dag is Basson wéér na Swanepoel om te vra of die twee wel vennote is. Swanepoel het gesê sy is alleeneien­aar.

Dit is ook in haar verklaring voor die hof weergee.

Swanepoel het Maritz hieroor gekonfront­eer. Swanepoel het selfs ’n nota op sosiale media geplaas om mense te waarsku dat Maritz haar ondernemin­g se naam misbruik.

Volgens Swanepoel se verklaring het Maritz in WhatsApp-boodskappe, wat ’n gros stemnotas insluit, verskeie dreigement­e teenoor haar gemaak. Maritz het onder meer gedreig sy sal sorg dat Funky Fashion ten gronde gaan. Maritz het selfs ’n video van Swanepoel se winkel gemaak en aan haar gestuur.

In haar verklaring aan die hof het Swanepoel gesê sy is vasbeslote om haar en haar ondernemin­g se goeie naam teen Maritz se dreigement­e te beskerm.

Sy wil ook verhoed dat haar ondernemin­g finansiële skade ly.

In die beskemings­bevel het die landdros Maritz beveel:

1. om nie Swanepoel met geweld te dreig nie,

2. om nie die ondernemin­g se naam onder valse voorwendse­ls te gebruik nie,

3. om nie Swanepoel, haar gesin of familie te agtervolg nie, en

4. om nie valse inligting oor Funky Fashions te versprei of voor te doen dat sy daarby betrokke is nie.

Die verhoor is tot 11 Januarie uitgestel wanneer Maritz redes moet aanvoer waarom die bevel nie permanent gemaak moet word nie.

Maritz het die week gesê sy gaan beslis die voorlopige bevel teen haar in Januarie teenstaan.

*Laevelder het die afgelope maande veskeie kere oor Maritz en haar beweerde swendelary­e berig. Selfs die bekende privaat speurder, Mike Bolhuis, is besig met ondersoeke teen haar. Die koerant het ook onlangs berig hoe Maritz ’n beskerming­sbevel teen ’n Marlothpar­k-vrou gekry het nadat dié waarskuwin­gs oor Maritz op Facebook gedeel het.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa