The Lowvelder

Visstroper­s vas in Marlothpar­k

- Buks Viljoen

MARLOTHPAR­K - Vier mans is die naweek hier aangekeer nadat hulle met streepsakk­e vol vis wat onwettig gevang is, betrap is.

Dié sukses teen visstroper­y volg nadat ’n wenk van ’n inwoner van dié dorp ontvang is, sê Carlo Cesano van die Marlothpar­kgemeenska­pspolisiër­ingsforum (GPF).

Die inwoner het glo gesien hoe vier mans die streepsakk­e op ’n bakkie laai. Daar is aanvanklik vermoed dat hulle kabeldiewe kon wees. Cesano sê die GPF, iSecure en Field Security op die vakansiedo­rp het onmiddelli­k gereageer en die bakkie voorgekeer oomblikke nadat dit by Marlothpar­k se Hek 1 uitgery het.

Dit is toe dat ’n nylon-kieuvisnet en twee sakke vol vis agter op die bakkie ontdek is.

Daar was onder meer kurpers en tiervisse in die twee sakke. Dit is onwettig om kieunette te gebruik.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en aan Jaco Minnaar, hoofveldwa­gter van die Nkomazi Plaaslike Owerheid, oorhandig.

“In hierdie stadium is daar nog nie duidelikhe­id oor waar die vis gevang is nie. Ons vermoed dit is op een van die aangrensen­de plase se damme, of selfs in die Krokodilri­vier, gestroop,” sê Cesano.

Volgens hom bewys die deurbraak dat samewerkin­g tussen die inwoners, die GPF, sekuriteit­smaatskapp­ye en die veldwagter­s noodsaakli­k is.

Cyril Ripinga, woordvoerd­er van die munisipali­teit, het die voorval bevestig en sê dat ’n klag by die polisie ingedien is. Hy sê dat die munisipali­teit met kommer kennis geneem het van die styging in die hoeveelhei­d stropery in en rondom Marlothpar­k. Volgens hom sal wetstoepas­sers moet saamwerk om die veiligheid van fauna en flora te verseker. Hy sê die visstroper­yvoorval word dringend ondersoek.

Die verdagtes sal Vrydag in die Komatipoor­t Landdrosho­f verskyn.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa