The Lowvelder

100-jarige tannie Sussie sê familie is haar trots

- Sesane Mabuza

KOMATIPOOR­T - Gedurende April het Sussie Basson, alombekend as tannie Sussie, haar 100ste verjaardag gevier.

Tannie Sussie is een van vyf kinders, die enigste oorlewende suster. Sy het in Potgieters­rus, nou Mokopane, grootgewor­d en haar skoolloopb­aan daar deurgebrin­g.

Tannie Sussie het op Dinsdag,

16 April, saam haar vriende en familie in Komatipoor­t haar 100ste verjaardag gevier.

Sy is geseënd met vier kinders, 11 kleinkinde­rs en 30 agterklein­kinders, en die 31ste een is op pad.

Die voormalige vroedvrou sê sy glo ’n mens moet vir jou medemens omgee. “Om deernis en liefde teenoor my familie te koester en die klein dingetjies in die lewe te waardeer is wat my al hierdie jare aangespoor het. My familie is my kosbaarste besitting,” sê tannie Sussie.

Haar gunsteling­tydverdryf is om ’n koppie rooibostee te geniet terwyl haar kat en hond weerskante van haar lê.

Sy noem dat sy ’n groot liefde vir die Krugerwild­tuin het en lief is vir diere.

Haar 71-jarige seun, Chris Basson, noem dat die familie geseënd is om nog op hierdie ouderdom tyd met hulle ma, ouma en oumagrootj­ie te kan geniet. “Sy het vir ons waardevoll­e lesse geleer wat ons aan die nageslagte kan oordra; om vir jou familie en ander om te gee. Om tyd in haar tuin te spandeer is ’n hoogtepunt van haar dag. Sy is baie bewus van wat om haar aangaan en haar humorsin is vlymskerp.

“Sy weet presies watter bome en plante gesnoei moet word, en wat nog als moet aandag kry. Ons is baie geseënd om vier geslagte saam met haar te kan beleef,” sê hy.

Tannie Sussie verwys na haar familiefot­o’s in die ingangspor­taal as haar trots. Elke dag sal sy ’n oomblik neem om na elke foto te kyk.

 ?? ??
 ?? ?? Tannie Sussie Basson vier haar 100ste verjaardag met haar familie.
Tannie Sussie Basson vier haar 100ste verjaardag met haar familie.
 ?? ?? Tannie Sussie Basson en haar vriendinne, Louise Maritz en Heleen Smit.
Tannie Sussie Basson en haar vriendinne, Louise Maritz en Heleen Smit.
 ?? ?? Nadia Small en haar ouma, tannie Sussie Basson.
Nadia Small en haar ouma, tannie Sussie Basson.
 ?? ?? Tannie Sussie Basson en haar dokter, Theo Stronkhors­t.
Tannie Sussie Basson en haar dokter, Theo Stronkhors­t.
 ?? > Foto’s: Verskaf/Chrissie du Preez ?? Tannie Sussie Basson en haar kleindogte­r, Mandie Botha.
> Foto’s: Verskaf/Chrissie du Preez Tannie Sussie Basson en haar kleindogte­r, Mandie Botha.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa