Baba & Kleuter

DIE STIEFPA MET DIE GROOT HART

-

My suster se eerste man is 18 jaar gelede in ’n ongeluk oorlede toe sy swanger was met hul tweede dogter. Hoewel my suster glad nie die soort is wat in sak en as gaan sit nie, was dit nog steeds verskrikli­k. Die twee niggies het sonder ’n pa grootgewor­d, want geen man wat my suster daarna ontmoet het, het ooit hul goedkeurin­g weggedra nie... nie eens naastenby nie. Ek dink my suster was amper reg om maar te berus by ’n lewe van eensaamhei­d toe ’n wonderlike wewenaar oor haar pad kom. Die liefde het vinnig geblom en hulle is verlede jaar getroud.

En die kinders? Op elke troufoto staan hulle trots en gelukkig by hul nuwe stiefpa. Philip is self pa van twee volwasse kinders en oupa van drie kleinseuns, maar sy hart is ruim genoeg vir nóg twee jong dogters. Wanneer my suster soms praat van “my kinders” korrigeer hy haar met “ons kinders”. My suster sê hy het die hele stiefpa-ding met trots en selfversek­erdheid aangepak. Maar die eintlike geheim van hoe hy die kinders oorrompel het, is deur so mooi vir my suster te sorg. Toe die kinders sien hoe baie hy vir haar doen, was dit eintlik maklik vir hulle om hom te aanvaar en hom ook lief te kry.

Hy probeer nie “cool” wees nie, maar hy staan reg om enige probleem, groot of klein, vir hulle op te los. Hy antwoord áltyd sy foon as een van hulle bel, of hy nou in ’n vergaderin­g sit of gou uit die fliek uit moet loop. Hulle weet sy foon is nooit af nie, en as hy ’n klip uit hul pad kan rol, doen hy dit met graagte.

Sy teenwoordi­gheid bring sekuriteit en troos, soos net ’n goeie pa se teenwoordi­gheid kan. Dis iets wat altyd in die niggies se lewe ontbreek het en dit maak my baie gelukkig dat hulle dit nou kan ervaar.

My suster sê Philip is soos ’n seekat met tentakels wat die hele uitgebreid­e familie bymekaar trek en met mekaar in verbinding hou.

Die beste van alles? Dis vir hom lekker. Hy sê dikwels met ’n vonkel in die oog dat hy nooit gedink het hy eendag met nóg twee dogters aan sy arm na die kansels sou kon stap nie.

Elke kind het ’n pa-figuur soos Philip nodig. Ek hoop van harte daar is só iemand in jou huis of lewe. As daar nie is nie, hou moed en hou uit vir die regte man.

Geniet Vadersdagm­aand!

VERTEL ONS VAN JOU

Sluit aan by Media24 Tydskrifte se Ek Sê-gemeenskap waar jy ons meer vertel van jouself, sodat ons vir jou ’n beter produk kan skep. Daar is met elke meningspei­ling wat jy voltooi groot pryse op die spel. Registreer by www.media24mys­ay.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa