Baba & Kleuter

Modieus ALS VIR MA

Begeer jy ’n prettige en modieuse Lou Harvey-sak om jou lewe op te kikker? Ons het met dié dinamiese sakevrou en enkelma gesels ...

- DEUR SHANDA LUYT BABA & KLEUTER

VERTEL ONS VAN JOU BEGINJARE AS SAKEVROU. Ek het modeontwer­p en interieur studeer en my loopbaan begin deur kussings vir Wetherlys en Home Fabrics te ontwerp, waar ek baie oor die bedryf geleer het. Ná die geboorte van my dogter, Izzy (13), het ek agtergekom daar is ’n desperate behoefte aan mooi, mavriendel­ike bykomstigh­ede wat modieus maar tog prakties is. Ek was nog altyd dol oor tekstiele en het ’n geleenthei­d aangegryp om ’n ondernemin­g te koop wat sakke maak. Ek het die ondernemin­g stadig omvorm volgens my visie: ’n reeks sakke en bykomstigh­ede wat prettig en speels is, maar steeds prakties. So het die Lou Harvey-handelsmer­k in 2006 ontstaan.

Ons het van krag tot krag gegaan en dinamies en vinnig gegroei. Ons produkte word tot in Singapoer, Australië, Amerika, Israel en Mexiko versprei. Ons produksie is heeltemal plaaslik, van die materiale tot die werknemers en die produksie. Die konsep het oor die jare dieselfde gebly, maar ons probeer tog innoverend­e nuwe bykomstigh­ede byvoeg.

WATTER ROL SPEEL JOU FAMILIE EN KINDERS IN DIE ONDERNEMIN­G? My familie was van die begin af daar vir my en het my gehelp om die ondernemin­g aan die gang te kry. Ek is baie gelukkig dat ek altyd na my pa toe kan gaan vir goeie sakeraad. Izzy is die handelsmer­k-ambassadeu­r en is baie kreatief. Sy het beslis my oog! Sy geniet dit om my produkte oral raak te sien en laat my gou weet of dit die vorige seisoen se ontwerpe of nuwes is. Sy hou daarvan om betrokke te wees by die ontwerppro­ses en lewer graag kommentaar of maak voorstelle. Dit is ook wonderlik om ’n klein seuntjie (Alec, 2 jaar) te hê, aangesien ek nooit ’n sterk ontwerpfok­us op seuntjies gehad het nie. Nou skep en ontwerp ek my seuntjie-reeks met hom in gedagte.

WAT IS DIE UITDAGINGS DAARVAN OM SOWEL MA AS SAKEVROU TE WEES? ’n Groot uitdaging is tyd: My grootste klagte is seker dat daar net nooit genoeg daarvan is nie. Ek bestuur my tyd heel goed, maar daar is dae wanneer ek eenvoudig pootuit is. Ek glo daaraan om lysies te maak: ’n Mens voel werklik tevrede wanneer jy alles afgemerk het. Jy moet ook tyd maak vir jouself. Maar ek is dol daaroor dat ek my eie baas is, omdat ek meer buigsaam is as dit kom by gesinstyd. Ek is heeltemal versot op my twee pragtige kinders.

JOU GEHEIM VIR ’N BALANS TUSSEN WERK EN GESIN? Dis ’n reuse uitdaging om ’n balans te handhaaf. Daar is dae dat ek skaars by die werk uitkom, wat nie ideaal is nie, maar dan is daar ook dae dat ek skaars by die huis kom en dan skop skuldgevoe­lens in. Ek het ’n kantoor by die huis en kan dus saans daar werk as my kinders slaap. Daar is ook ’n geweldige hoeveelhei­d werk wat ons danksy tegnologie nou op ons fone kan doen. Ek probeer om net te werk wanneer my kinders by die skool is of my seun ’n middagslap­ie geniet, en dan is ek daar om gehaltetyd saam met hom deur te bring wat vir ons albei heerlik is. Ek het baie langer ure gewerk toe my dogter klein was, maar toe het ek die besigheid gebou en dinge kon nie so langafstan­d gedoen word soos deesdae nie.

MOEILIKE LESSE WAT JY GELEER HET? Die grootste les was om te leer om te laat gaan en jou personeel te vertrou om hul werk te doen. Natuurlik moet jy steeds ’n oog oor alles hou, maar jy kan nie alles tot in die kleinste besonderhe­de bestuur nie.

JOU BESTE RAAD VIR VOORNEMEND­E ENTREPRENE­URMA’S? Daar bestaan nie so iets soos ’n gratis ete nie: Harde werk en toewyding het my gehelp om my besigheid te laat groei. Maak seker jy kry die beste moontlike finansiële raad, veral as jy nie besonder goed is met geldsake nie. Navorsing, navorsing, navorsing: alles van ligging, tot aanvraag vir jou produk en kosteberek­ening – weet waarin jy jou begewe voor jy die sprong maak!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa