Baba & Kleuter

DIE TANDARTS

-

Wanneer Veronica Rossouw werk toe gaan, loop sy by haar voordeur uit, oor die grasperk en by ’n stel trappe af tot in haar spreekkame­r. Sy kan binne ’n japtrap terug wees by haar dogtertjie, Eeva (16 maande).

“Ek het op skool al besef my beroep moet my die vryheid kan bied om genoeg tyd saam met my kinders deur te bring,” sê Veronica.

“Om ’n tandarts te wees, het aan hierdie vereiste voldoen omdat die werkure in ’n groot mate gestruktur­eer kan word. Dit was ook vir my belangrik om ’n loopbaan te hê sodat ek ekonomies selfstandi­g kon wees.”

Veronica geniet die vryheid wat sy het om tyd met Eeva deur te bring. ”Ons het ’n spesifieke roetine en aktiwiteit­e soos swem en Kindermusi­k. Daardie tyd is in my dagboek uitgeblok sodat ek nie pasiënte kan spreek nie.”

Veronica sê ’n mens moet seker maak jy sien kans om van die huis af te werk.

“Dit is nie noodwendig makliker nie – jy moet strenger wees met jouself en ’n duidelike doel voor oë hê. Dit gebeur dikwels dat ek noodpasiën­te het saans en op Saterdae, wat ’n uitdaging is as dit by Eeva se roetine kom.”

Tog hoef sy haar nooit te bekommer oor ’n baas wat die horlosie dophou nie en die swaarste verkeer wat sy op pad werk toe ervaar, is ’n ontmoeting met Ruben die Labrador in die tuin.

“Daar is ’n duidelike onderskeid tussen my ‘kantoor’ en die huis. Wanneer ek in die middag klaar is met my werk, kan ek dus toegewyde aandag aan Eeva gee.”

VERONICA SE WENKE

• Daar moet Chinese mure wees tussen jou werk en gesin. Doen dit deur duidelike grense te stel wat jou roetine en werkskedul­e betref. • Die regte kinderoppa­sser gee jou die vryheid om van die huis af te werk. Kies iemand wat jy heeltemal vertrou. Jy kan nie elke keer opspring as jou baba ’n geluid maak nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa