Baba & Kleuter

DIE ORGANISEER­DER

-

Sy ruk ander mense se papierwerk en klerekaste reg en reël die mooiste partytjies.

Dit is dus g’n wonder nie dat Carla van Heerden op die oog af moeiteloos haar eie ondernemin­g, Pretty Organised, kombineer met ma wees vir Nikolaas (13 maande).

Carla het twee jaar gelede haar passie vir beplanning en organisasi­e in ’n ondernemin­g omgeskep.

Toe sy met Nikolaas swanger raak, het sy besluit om haar kliëntebas­is te probeer behou.

“Toe die tyd reg was vir my kraamverlo­f, het ek elkeen van my kliënte gekontak om te hoor of ek vir hulle op ’n weeklikse basis kan werk,” sê Carla.

CARLA SE WENKE

• Wees realisties oor wanneer jy weer wil begin werk. Ek het aanvanklik gedink ek sal maklik ná drie maande kan begin omdat ek tuis werk, maar om ’n baba te kry is ’n wonderlike, maar groot omwentelin­g. • Rig ’n werkhoekie in waar jy kan werk. Dit help jou

om te fokus.

“Ek wil graag my seuntjie grootmaak, maar besef elke dag hoe belangrik dit vir my is om ook ’n uitlaatkle­p vir my kreatiwite­it te hê.”

Pretty Organised se deure het vier maande ná Nikolaas se geboorte weer sy deure oopgemaak.

“Die idee was om te werk in die tyd dat Nikolaas ’n langer middagslap­ie neem. Dit was veral aan die begin ’n uitdaging omdat hy soms vroeër sou wakker word en ek dan later daardie tyd sou moes inwerk.

“Ná ’n paar weke het ek my ritme goed gevind en tot vandag werk hierdie roetine fantasties vir ons albei.”

Carla, wat glo die huis is die hart van die gesin, sê sy is baie produktief in haar eie omgewing.

“Ek beplan rondom Nikolaas se roetine. Sodra hy gaan rus kan ek ’n koppie tee maak en agter die rekenaar inskuif.”

Sy maak afsprake met kliënte oor naweke wanneer haar man, Neethling, saam met Nikolaas op uitstappie­s kan gaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa