Baba & Kleuter

DIE ARGITEK

- BABA & KLEUTER

“Om op te hou werk was nog nooit vir my ’n opsie nie – ek geniet my beroep te veel,” sê Rochelle Derksen, ’n argitek.

Sy het twee seuntjies, Anton (3) en Hendrik (1).

“Ek het lank studeer om te kwalifisee­r en glo my werk maak my ’n beter ma en vrou. Dit maak my kop skoon en gee my ’n eie identiteit.”

Rochelle bestuur haar argiteksfi­rma, R.chitect Studio, van die huis af en het onlangs saam met ’n vriendin ook ’n meubelverv­aardigings­maatskappy met die naam Dovetail begin.

“Ek het vyf maande voor my eerste swangerska­p uit my werk bedank omdat ek en my man, Ewoud, op pad Londen toe was. Ek het steeds aan privaat projekte aanhou werk.

“Die beplande skuif het nie uitgewerk nie en ek het besluit om aan te hou probeer om op my eie te werk. Kort voor lank het ons gehoor ek is swanger.

“Ek het nog die aand voor my geskedulee­rde keiser ’n paar laaste e-posse gestuur en was weer so ’n week ná Anton se geboorte agter my rekenaar. Nie omdat ek moes nie, omdat ek wou!

“Ek is gelukkig dat ek amper vier jaar later steeds genoeg werk en geleenthed­e het!” Tyd is haar grootste uitdaging én bate. “As ma is my tyd so verdeel dat ek gewoonlik in die stilte van die nag, as almal al gaan slaap het, eers werklik aandag aan my werk kan gee. Maar ek kan in elke aspek van my kinders se lewe deel en die huishoudin­g bestuur.”

ROCHELLE SE WENKE

• Gun jou ’n blaaskans. Ek werk

meestal nie smiddags nie. • Moenie dat die wolk van werktake jou rol as ma beïnvloed nie. Ek sukkel soms om af te skakel, maar Ewoud herinner my om in die oomblik te leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa