Baba & Kleuter

DIE ONDERWYSER

-

Twee jaar gelede het Diani Postma ’n opvoedkund­ige speelgroep­ie by haar huis begin en dit Patrone en Patrysies genoem.

Diani, ma van Magdalena (4) en Derek (2), vertel sy en haar man, Derek, het voor hul huwelik al besluit sy sou eendag saam met hul kinders tuis bly. Sy wou egter steeds tot die samelewing bydra en ’n verskil maak.

“Een manier waarop ek dit kan doen is deur my passie vir opvoedkund­e en kinders,” vertel Diani, wat onderwys studeer en drie jaar lank skoolgehou het.

“Magdalena was sowat ’n jaar oud toe ons besluit het dat ek iets van die huis af moes doen waarby ek haar kon insluit,” sê Diani. “Ons het franchise-opsies oorweeg, maar het toe besluit ek kan netsowel my eie ding doen.”

Aanvanklik het net vier maatjies van twee tot drie jaar van 08:00 tot 12:00 kom saamspeel by Patrone en Patrysies, maar kort voor lank was die klas vol.

By hul huis is die motorhuis die klaskamer en die tuin die speelplek.

“Ek hou van die huislike omgewing van die speelgroep, dis amper soos ’n speel-afspraak by ’n maatjie se huis,” sê Diani.

Die speelgroep is so suksesvol dat sy vanjaar nog ’n onderwyser­es aangestel het. Twee ander vroue help ook met die kinders en die feit dat sy met haar eie ondernemin­g kon werk skep, is vir haar ’n groot pluspunt.

“Dit ís moontlik om mamma wees en van die huis af werk met die regte hulp te balanseer.”

DIANI SE WENKE

• Wees bereid om klein te begin. Ek moes my en die speelgroep kans gee om ’n naam op te bou. • Weet presies wat jy wil doen, wat jy daaruit wil kry en wat jou prioriteit­e is. Jy wil nie tuis bly om te werk, maar dan minder tyd hê nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa