Baba & Kleuter

GROOT 3 HOU JOU ÉN BABA GESOND

-

Jou voedingsbe­hoeftes verander wanneer jy swanger is. Vir jou en jou groeiende baba se gesondheid, moet jy veral seker maak dat jy genoeg van die “Groot Drie” inkry.

#1 YSTER

‘n Swanger vrou het sommer baie meer van dié mineraal nodig. Tydens jou swangerska­p vermeerder jou bloedvolum­e met tot 50 %, en ekstra yster is nodig sodat jy hemoglobie­n (‘n boublok van bloed) kan maak. Jou groeiende baba en jou plasenta benodig ook yster, veral in die tweede en derde trimesters. Vroue wat tydens hul swangerska­p ‘n ystertekor­t het, loop ‘n verhoogde risiko vir vroeë geboorte, lae geboortege­wig en stilgeboor­tes.’n Aanvulling wat die regte hoeveelhei­d yster bevat in ‘n formulasie wat goed sal absorbeer, kan jou dus heelwat gemoedsrus gee.

#2 FOLIENSUUR

Foliensuur is een van die B-vitamienes wat van kardinale belang is vir ‘n gesonde baba. As jy voor en tydens jou swangerska­p genoeg daarvan inkry, beskerm dit jou baba teen defekte van die spinale buis, soos spina bifida, en teen ander geboorteaf­wykings soos ‘n gesplete verhemelte. Foliensuur speel ook ‘n rol om jou bloed gesond te hou. Dis veral belangrik om genoeg te kry voor jy swanger word, en in die eerste trimester.

#3 KALSIUM

Meeste mense weet dat kalsium nodig is vir sterk bene en tande, maar het jy geweet dis ook nodig vir die groei van ‘n gesonde hart, senuwees en spiere? Tydens swangerska­p moet jy ook vir jou eie gesondheid seker maak dat jy genoeg inkry, want die baba sal dit uit jou liggaam onttrek, wat later ‘n impak op jou gesondheid kan hê. Dis raadsaam om aan te hou met die neem van ekstra kalsium wanneer jy borsvoed, want dit stel ook eise aan jou liggaam.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa