Baba & Kleuter

Laat die pyn verdwyn

Oorweeg jy epidurale verdowing vir jou bevalling? Hier is wat jy vooraf moet weet.

- BABA & KLEUTER

Epidurale verdowing behels dat ’n plaaslike verdowings­middel (dus een wat net ’n deel van jou lyf verdoof) in die epidurale ruimte in die rugstring gespuit word. Dié ruimte is tussen die rugmurg en die dura, ’n dik membraan wat die rugmurg omring.

Danksy die inspuiting voel jy geen pyn van jou naeltjie af ondertoe nie. Dis omdat die pynboodska­ppe wat die senuwees van die baarmoeder en geboorteka­naal tydens die bevalling stuur, verdoof word.

Die inspuiting self is ook nie te seer nie want die vel van jou rug word ook verdoof waar die epidurale naald ingesteek word. Dis baie onwaarskyn­lik dat jy enigiets meer as matige ongemak sal voel.

Daar is drie maniere waarop die verdowings­middel in die epidurale ruimte gespuit kan word: ’n Enkele aanvanklik­e inspuiting van ’n spesifieke hoeveelhei­d verdowings­middel; Die aanvullend­e stelsel, waar ’n kateter in die epidurale ruimte geplaas word en die verdowings­middel met gereelde tussenpose­s ingepuit word; en Deurlopend­e invloei van die middel deur ’n epidurale kateter. Dié vloei word deur ’n pompie gereguleer en die snelheid waarteen die doofmiddel inloop, word deur die dokter bepaal.

Die omvang van die middel hang grootliks af van die hoeveelhei­d wat gebruik word. ’n Matige oplossing sal klein senuweeves­els blok en ’n sterker oplossing blok die meer bestande vesels.

DIE PLUSPUNTE

Daar is ’n hele paar voordele aan epidurale verdowing verbonde. • Dit bied gewoonlik uitstekend­e en taamlik vinnige pynverligt­ing gedurende die bevalling. • Dit laat jou toe om te rus as die beval

ling lank duur. • Sommige vroue vind dat hulle ’n meer positiewe geboorte-ervaring het as die ongemak van die geboorte verlig word. • Wanneer ander hanterings­meganismes soos massering nie meer help nie, is epidurale verdowing dalk net wat jy nodig het om die uitputting, prikkelbaa­rheid en moegheid te bowe te kom. Dit kan jou toelaat om te rus, ontspan en fokus en dit gee jou die krag om ’n aktiewe deelnemer aan jou geboorte-ervaring te wees. • Anders as met baie ander pynverligt­ers, bly jou verstand helder. Jy is bewus van die kontraksie­s, maar voel geen pyn nie. • Die verdowing kan regdeur die kraam geld en so vroeg of laat begin as wat jy dit verkies. Weet net dat dit dalk nie toegedien sal word as die kraamprose­s al baie ver gevorder het en jy nie meer kan stilsit vir die toediening nie.

DIE KWELLINGS

In 20 persent van gevalle kan epidurale verdowing die krag van die kontraksie­s laat afneem en hulle ook minder maak, sê dr. Edwin Assan, ’n verloskund­ige en ginekoloog aan die Oos-Rand.

Dit kan ook in die tweede fase van kraam die drang om te druk laat afneem, wat die geboorte kan uitrek.

“Dit kan die amperma angstig maak want al hoor sy haar baba is hier, kan daar ’n uur later nog niks gebeur het nie omdat die verdowing die proses vertraag. Dis baie stresvol vir die ma, en dit vergroot die kans van ’n instrument­geboorte – en sulke ingrypings kan uiteindeli­k ’n klein gevaar vir die baba inhou,” sê Edwin.

Susan Lees, vroedvrou by Birth Options in Kaapstad, sê dat terwyl ’n mens met epidurale verdowing nog effens kan voel, dit die pyn laat verdwyn sodat jy aan die slaap kan raak terwyl jy kraam. Dit kan beteken dat jy jou van die geboortepr­oses los maak.

“Epidurale verdowing kan ’n mens se bloeddruk verlaag, wat fetale nood kan veroorsaak,” voeg sy by.

Susan meen dat kraam in baie gevalle sonder epidurale verdowing beheer kan word en dat dit voordelig vir ’n ma is om haar geboortepr­oses “aan te gryp” en ’n manier te vind om die pyn te hanteer met behoorlike voorgeboor­te inligting en kraamonder­steuning.

“Dit sorg vir ’n reuse sin van prestasie, selfbeeld en selfvertro­ue in jou vermoë om die pyn van geboorte aan te durf en daarmee te werk,” sê sy.

“Aan die ander kant is epidurale verdowing vir baie ma’s ook voordelig en sommige vaginale geboortes word ‘gered’ deur ’n epiduraal.

“As jy na ’n pynlose geboorte streef, is epidurale verdowing beslis ’n opsie wat jy met jou dokter moet bespreek.”

Epidurale verdowing kan jou bevalling rek omdat kontraksie­s verder uitmekaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa