Baba & Kleuter

HERSTEL van jou

Soms besef ’n mens nie dat ’n keisersnee ’n enorme buik-operasie behels nie. Wees realisties oor jou hersteltyd­perk.

- BABA & KLEUTER DEUR SANDRA COETZEE

Dit kos tyd om van ’n keiser te herstel. Gelukkig het jy nou ’n baba en dit is sekerlik die grootste aansporing en beloning om so gou moontlik beter te begin voel. Kom ons kyk hoe jy jou herstel kan bespoedig en hoe jy gaan voel in die ure, dae en weke nadat jy jou keisersnee gehad het.

’N GOEIE BEGIN

Die Johannesbu­rgse vroedvrou Janine Nash sê optimale voeding en gesondheid is nie net tydens jou swangerska­p belangrik nie – dit help ook dat jy ná die tyd beter van jou keisersnee sal herstel.

“Probeer om so gesond moontlik te wees wanneer jy die operasiesa­al binnegaan. Probeer om nie die aanbevole gewig vir jou swangerska­p te oorskry nie. Oorgewig vroue is geneig om meer ná ’n keisersnee te sukkel omdat hul wonde soms kan ontsteek omdat dit in ’n velvou lê, wat verhinder dat lug by die wond kom,” verduideli­k Janine.

Oefening tydens swangerska­p help beslis. Jy mag net nie langer as 30 minute uitasem wees nie, en jou polsslag behoort nie 140 slae per minuut te oorskry nie.

WAT JY NIE KAN DOEN NIE

• Jy mag vir ses weke nie bestuur nie. As jy voel jy kan, en jy moet, moet jy met jou versekeraa­r gesels, want dis moontlik dat jy nie dekking sal hê nie. • Jy mag nie oefen tot die ginekoloog

op ses weke vir jou gesê het jy mag nie. • Jy mag nie seks hê tot die ginekoloog

gesê het dis in die haak nie. • Jy mag nie swem terwyl jy nog bloei nie. Water kan jou uterus binnedring omdat jou serviks nog oop is. Oefening is noodsaakli­k vir ma en baba se gesondheid, en ook vir ’n gesonde keisersnee. Janine beveel stap, swem en joga aan.

NÁ DIE OPERASIE

Die eerste belangrike ding is dat die ma wat ’n keisersnee moet kry, positief oor die ervaring bly, sê Janine. Jou emosionele houding speel ’n groot rol in jou herstel. “Die ma’s wat ’n positiewe uitkyk het, vaar altyd beter met herstel as dié wat negatief is.”

Aan die fisieke kant van dinge sê Janine jy kan maar in jou bed begin kriewel sodra jy uit die herstelkam­er is. “Deur jou beenspiere saam te trek, bevorder jy bloedvloei, en dit voorkom diepaartro­mbose.”

Jy sal vir minstens 12 uur ná die operasie nie toegelaat word om op te staan nie.

“Sodra dié tydperk verby is, kan jy met hulp orent kom. Staan regop. Dit kan voel asof jou wond gaan oopskeur, maar dit sal nie. Wanneer jy mooi regop staan, sal die gevoel weggaan. Hoe langer jy die opstaansla­g uitstel, hoe moeiliker gaan dit word,” beklemtoon Janine.

In die eerste 24 tot 48 uur ná die geboorte sal jy aangemoedi­g word om jou gewone swangerska­psaanvulli­ng te drink en jy kan ook ’n tonikum soos Blackthorn Berry Elixir drink, met baie water. Dit sal help om herstel te bespoedig en ook om hardlywigh­eid te voorkom. Laasgenoem­de ontstaan onder meer omdat ’n mens se derms effens deur die buikoperas­ie beïnvloed word.

Die laaste ding waarmee jy in hierdie stadium opgesaal wil wees, is hardlywigh­eid. Eet dus kos en vrugte met baie vesel as jy vermoed dat jy hardlywig kan raak.

HOE GAAN JY VOEL?

Sowat ’n uur ná die operasie sal jy weer gevoel in jou bene kry. In die 24 uur daarop kan jy post-operatiewe pyn ervaar. Jy kan naar wees of lighoofdig van die narkose en medikasie wat jy kry.

Ná 48 uur begin die pyn afneem en elke dag word ’n bietjie beter tot jy teen dag 10 werklik heelwat beter begin voel. • Vra jou dokter wanneer jy mag bad. Dit hang af van die metode wat gebruik is om jou wond toe te maak: steke, krammetjie­s, oplosbare steke of gom.

WAT JY KAN DOEN

• Stap. • Borsvoed binne ’n uur ná die operasie. Vel-tot-vel-kontak sodra dit moontlik is, word aanbeveel. • Buk en doeke ruil. • Rus en hulp vra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa