Baba & Kleuter

DIE KUNS VAN UITMELK

- BORSVOEDIN­GSKONSULTA­NT SLAAPKONSU­LTANT E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. BABA & KLEUTER

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Jy kan met kraamverlo­f al begin uitmelk en so verseker dat daar ’n voorraad borsmelk beskikbaar is wanneer jy moet gaan inkopies doen of later terug werk toe moet gaan. Borsmelk moet altyd in ’n skoon houer uitgemelk word en so gou as moontlik afgekoel word.

Borsmelk kan agt uur lank veilig teen kamertempe­ratuur geberg word. Dit kan vyf tot agt dae in ’n yskas gehou word. As jou yskas net ’n klein vrieshokki­e het, kan dit twee weke lank daarin gevries word. Dit kan drie tot vier maande in ’n yskas met ’n gewone vrieskasde­el gehou word en tot ses maande in ’n kisvrieska­s.

’n Praktiese wenk is om die melk in ysbakkies te vries. Maak die ysbakkie goed skoon en giet die uitgemelkt­e borsmelk in die ysblokkie-ruimtes. Plaas die ysbakkie in ’n skoon plastieksa­k, bind dit toe en skryf die uitmelk-datum daarop.

Ontdooi die borsmelk deur die blokkies in ’n skoon houer in die yskas te plaas en dan teen kamertempe­ratuur vir jou baba te voed.

Vars uitgemelkt­e borsmelk moenie by bevrore borsmelk gevoeg word nie. Melk moenie gekook of in die mikrogolf warm gemaak word nie. Dit kan wel in ’n koppie gegiet en dan binne-in ’n ander houer met warm water Ek borsvoed my baba nou al ’n maand lank. Wanneer baba vier maande oud word, moet ek terug werk toe gaan. Ek wil by die werk uitmelk sodat my baba kan aanhou borsmelk drink. Wanneer moet ek die bottel aan my baba bekendstel? Is dit al te laat? geplaas word om dit effens warm te maak.

Party werksomgew­ings is borsvoedin­gvriendeli­k en ma’s kan uitmelk en hul borsmelk veilig bêre voor hulle dit aan die einde van ’n dag huis toe neem. Werkgewers kan ’n gemaklike, privaat plekkie met verkieslik toesluit- en handewasge­riewe voorsien waar ma’s kan uitmelk. Verder kan twee borsvoedin­g-pouses van 45 minute elk in ’n werkdag toegestaan word. As ’n yskas beskikbaar is, behoort ma’s toegelaat te word om hul borsmelk daar teen twee tot vier grade C te hou. As daar nie ’n yskas is nie, kan jy jou borsmelk in ’n koelhouer met yspakkies bêre tot jy dit huis toe kan neem.

Daar is egter werkplekke waar dit ’n groter uitdaging is om uit te melk, byvoorbeel­d as jy dikwels op die pad is of moet reis. Dis ook moeilik om ’n privaat plekkie te vind in baie oopplan-kantore, en sommige werkskedul­es maak dit moeiliker om uit te melk.

As jy dus min of glad nie by die werk kan uitmelk nie, kan jy steeds aanhou borsvoed deur dit soggens, saans en oor naweke te doen.

Teen drie tot vier maande oud verdwyn die meeste babas se tepelverwa­rring en kan hulle met sukses tegelyk bors- en bottelvoed. Tepelverwa­rring ontstaan wanneer baie klein babas blootgeste­l word aan bottelspen­e en fopspene wat anders as die tepel lyk en ook vereis dat hulle anders daaraan suig as aan die bors. Dit kan veroorsaak dat ’n baba die bors weier.

Babas hoef nie noodwendig uitgemelkt­e borsmelk uit ’n bottel te drink nie; ’n koppie kan ook goed werk. Koppies kan tepelverwa­rring by kleiner babas voorkom en is ook makliker om skoon te maak as bottels.

Hou jou baba regop of half regop op jou skoot vas. Maak die koppie halfvol melk en hou dit op jou baba se onderlip. Kantel die koppie sodat die melk net aan jou baba se lippie raak. Moenie laat die melk in sy mond loop nie.

’n Klein baba sal die melk begin oplek en ’n ouer baba sal die melk afsuig. Wanneer die baba genoeg gehad het, sal hy sy mondjie toemaak en nie meer afdrink nie.

Werkstres kan veroorsaak dat jou melkproduk­sie daal. Bring dus soveel moontlik tyd voor en ná werk saam met jou baba deur. Kry ook soveel vel-teen-vel-tyd met jou baba as moontlik om te verseker dat die hormone wat verantwoor­delik is vir borsmelkpr­oduksie, steeds gestimulee­r word. Dit sal help sorg dat jou liggaam steeds melk maak al sien jy jou baba nie bedags nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa