Baba & Kleuter

DIE SIMPTOME

-

Dit gebeur soms dat nie een soort behandelin­g regtig vir jou baba werk nie. In sulke gevalle kan jy bloot probeer om jou baba se simptome te verlig. Hier is ’n paar wenke: • Homeopatie­se weefselsou­te soos Mag Phos is ’n natuurlike hulpmiddel, sê suster Jackie, ’n Bloemfonte­inse vroedvrou en doula. Daar is genoeg bewyse dat hierdie middels verligting kan bring. Vra wel ’n kenner se raad voor jy dit koop, sê sy. • Verskeie ander druppels en babakoliek­middels is by gesondheid­swinkels en apteke beskikbaar. Daar is min bewyse dat enigeen daarvan werklik werk, maar as dit verligting kan bring, kan jy gerus dié gebruik wat onskadelik vir jou baba is. Wenk: Lees die lys bestanddel­e van oor-die-toonbank-krampwater noukeurig, aangesien sommige produkte nie net uit ’n kruiemengs­el bestaan nie, maar ook alkohol en suiker bevat, wat uiteraard nie goed vir jou baba is nie. • Sorg dat jou baba se kamer en omgewing stil is. Skakel byvoorbeel­d die ligte af, trek die gordyne toe en kyk of sy dalk eerder neergesit wil word as om vasgehou te word. • As jou baba bottelvoed, beproef ’n ander bottel. Hoe meer lug baba sluk terwyl sy drink, hoe groter is die kans vir maagkrampe. Die gaatjie behoort nie te klein of te groot te wees nie, want ’n te groot een laat die melk te vinnig kom terwyl ’n te klein een baba net frustreer en hom groter slukke laat vat. • Verander die melkformul­e. As jou baba onverdraag­saam teenoor koeimelkpr­oteïen is, sal dit verligting bring as sy ’n melkformul­e drink waarvan die proteïene afgebreek is. ( Let wel: Dit is nie die formule wat die koliek veroorsaak nie, formule kan wel maagproble­me veroorsaak.) Nellmarie sê Similac Total Comfort is ’n goeie eerste keuse. • Beweging help dikwels om babas te kalmeer. ’n Dra-sak kan ’n wonderlike hulpmiddel wees aangesien dit die bykomende voordeel bied dat baba teen jou gekoester word. Suster Jackie sê mamma-liefde is die een terapie wat altyd verligting bring. • Baie babas reageer ook goed op witgeraas. • Masseer jou baba gereeld. • Plaas drukking op sy maag. Dit kan verligting bring as jy hom op sy magie oor jou skoot laat lê. Of plaas ’n louwarm watersak op sy magie. As jy jou baba styf toedraai, kan dit hom ook tot bedaring help bring.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa