Baba & Kleuter

Uit met daai winde!

Weet jy hoe gereeld en wanneer om jou baba te help om windjies op te bring? Ons wys jou hoe.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

Wanneer jy jou pasgeboren­e se winde uitvryf, help jy haar om ontslae te raak van lug wat sy gedurende voedings sluk. Dit is noodsaakli­k om ontslae te raak van die vasgekeerd­e lug in haar magie om seker te maak daar is genoeg plek vir melk wat haar moet versadig.

Winde kan haar opgeblase en ongemaklik laat voel en veroorsaak dat sy ná ’n voeding melk opbring.

Die Britse kindersorg­kenner Gina Ford skryf in haar boek TheNewCont­ented LittleBaby­Book dat dit belangrik is om jou baba dop te hou om te sien wanneer winde haar gedurende ’n voeding pla.

Sy reken dat jy jou baba heel moontlik gaan onstel en frustreer as jy haar voedingsty­d aanhoudend onderbreek om winde uit te vryf.

Sy meen ook ’n borsbaba sal haar self van jou bors losmaak as sy ’n wind het en ’n bottelbaba sal die speen self los as sy ’n windjie wil opbreek.

Dit is ook waar dat jou baba soms meer winde het, soos wanneer sy meer wind sluk omdat sy oorhonger is en te vinnig drink. As sy nie ongemaklik lyk nie, het sy heel waarskynli­k nie ’n wind nie.

Jy sal weet jou baba het moontlik ’n wind as: • Sy ophou drink terwyl jy haar voed; • Die vel bo of onder haar lippies bloue

rig lyk; • Sy kriewelrig is; • Sy huil of knieserig is terwyl jy haar

voed; • Haar gesiggie effens van kleur veran

der; of • ’n Pasgeboren­e lyk of sy glimlag.

Namate jou baba ouer word, gaan jy ál minder winde uitvryf en teen die tyd dat sy aan die beweeg is, behoort dit nie meer nodig te wees nie.

Beproef gerus die metodes hieronder en onthou om ’n spoegdoek byderhand te hou. Dis algemeen dat babas ’n bietjie spoeg wanneer ’n wind uitgevryf word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa