Baba & Kleuter

Snollie patrollie

’n Kind met ’n toe neusie is nie ’n ma se maat nie. Gelukkig is daar baie maniere om die probleem gou op te los.

- BABA & KLEUTER DEUR YOLANDI JORDAAN

Dit is nie juis een van ouers se gunsteling- ervarings nie, maar dit is onvermydel­ik. Jou baba gaan die een of ander tyd ’n toe of verstopte neus kry. Dít beteken moontlik dat jou kleinding gaan sukkel om te slaap, of dalk nie behoorlik kan voed nie. Gelukkig is ’n toe neus darem gewoonlik nie te ernstig nie.

Dit ontstaan wanneer die weefsel en bloedvate in jou baba se neusie swel as gevolg van ’n infeksie van die neusgange. ’n Toe neus gaan dikwels gepaard met ’n loopneus of slymkrista­lle wat aan die kante van jou baba se neusgate vorm en vaskleef.

DEUR WAT WORD ’N TOE NEUS VEROORSAAK?

Suster Petro Pretorius van die Mother & Baby Clinic in Johannesbu­rg sê dis veilig om jou kind met ’n toe neusie te laat inent mits: • Sy nie koors het nie. • Sy nie meer siek is of antibiotik­a drink nie. • Sy nie groot hoeveelhed­e korti-soonontvan­g nie. mondelikse Daar is talle oorsake, onder meer griep of verkoue. As die sondaar ’n verkoue is, slaan die neus toe weens beskadigin­g van die slymvlies deur die verkouevir­us en die inflammato­riese reaksie van die liggaam op hierdie virus, verduideli­k die Paarlse pediater dr. H.P. van der Merwe.

Die inflammato­riese stowwe veroorsaak dat oormatige slym geprodusee­r word en dit laat ook die slymvliese swel.

Ander oorsake van ’n toe neus sluit in hooikoors, allergieë en droë lug.

TOE NEUSE EN INENTINGS

H.P. reken ook rookbloots­telling op ’n regstreeks­e of onregstree­kse (soos rook wat aan klere kleef) is sleg vir babas. Water met chloor is nog iets wat die slymvlies prikkel.

Babas se neusies is dikwels ná geboorte effens toe weens kneusing en hormone.

Gastro-esofageale refluks is nog ’n oorsaak van ’n chroniese toe neus, maar dit reageer gelukkig goed op teensuurbe­handeling.

RAADPLEEG DIE DOKTER AS …

• Die neus langer as 14 dae verstop bly. • Jou kind sukkel om asem te haal of vinnig

asemhaal. • Jou kind ’n hoë koors het. ’n Baba onder drie maande moet dokter toe as sy koors hoër as 38 grade Celsius is en ’n ouer baba as sy koors vir langer as drie dae hoër as 38,3 grade Celsius is. • Die slym gelerig of groenerig van kleur is, want dit kan dui op ’n bakteriese infeksie. H.P. waarsku egter dat die voorskryf van antibiotik­a net op grond van die kleur van die slym waarskynli­k die grootste rede vir die onnodige gebruik van antibiotik­a is. • As jou baba nie wil voed of eet nie. ’n Kind wat glad nie drink nie, kan maklik ontwater. • As jou kind knieserig is en lyk asof hy

pyn het.

HOE KAN JY HELP?

SORG DAT BABA MET SY KOP EFFENS GELIG SLAAP. Dit kan voorkom dat slym agter in sy keel afdrup wat hom sal laat hoes en verstik. As jou baba se kop effens gelig is, kan die slym by sy neus uitloop. Onthou om nooit vir jou baba ’n kussing te gee nie; dit verhoog die risiko vir wiegiedood. GEBRUIK ’N PEDIATRIES­E SOUTOPLOSS­ING-NEUSSPROEI OF -DRUPPELS. H.P. sê daar is verskeie soutoploss­ings op die mark en hulle verskil almal ten opsigte van die sproeimega­nisme, preserveer­middels,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa