Baba & Kleuter

PA SE TOWER) KRAG

‘n Pa se liefde en betrokkenh­eid in sy kleinding se lewe verryk en bou op ’n totaal ander manier en vlak as ’n ma s’n.

- BABA & KLEUTER DEUR SHANDA LUYT

Pa’s is wonderlike dinge. Al druk sommiges hul neus toe as hulle poefdoeke ruil of al dink party ouer mense dat pa’s nie aan babas moet vat nie omdat hulle hulle dalk kan breek. Pa’s is nie ma’s nie – gelukkig nie. Dis juis pa’s se andersheid wat maak dat hulle ma’s so goed aanvul in die delikate taak van ouer wees vir ons kosbare klein mensies.

Ter ere van Vadersdag vier ons hieronder al ons betrokke pa’s.

PAPPAS IS ROTSVAS EN ONBREEKBAA­R

Wie kan dan nou bang voel as jy veilig in pappa se arms is? Selfs net sy stem is genoeg om enige monster die skrik op die lyf te jaag! Pa’s is uitstekend daarmee om ’n atmosfeer van veiligheid en sekuriteit in ’n huis te skep, sê Craig Wilkenson, Kaapse pa, motivering­spreker en skrywer van die boek Pa–Diewerkenw­ondervanwa­re vaderskap.

“Die sielkundig­e Sigmund Freud het gesê hy kan aan geen groter behoefte in die kinderjare dink as die beskerming van ’n vader nie. Dalk is dit omdat pa’s oor die algemeen groter en sterker is met dieper stemme, maar daar is net ’n sin van veiligheid rondom sterk manlikheid. Daarom lewer pa’s ’n baie belangrike bydrae tot die gevoel van veiligheid – emosioneel sowel as fisiek – by ’n kind,” sê Craig.

’n Studie deur die Kanadese Father Involvemen­t Research Alliance (FIRA) het getoon dat babas met betrokke pa’s meer geneig is om emosioneel veilig te voel, selfvertro­ue in nuwe situasies te toon en gretig is om hul omgewing te verken.

PAPPA SE PRINSES

Sy’t haar mooiste partytjier­okkie aangetrek en mamma sê sy lyk pragtig, maar by wie gaan spog sy? By pappa! Daar is eenvoudig ’n ekstra vonkel in ’n dogtertjie se oë as sy interaksie met haar pa het, reken Craig.

“’n Meisie het sekere dinge eenvoudig van haar pa af nodig en dit begin al van kleins af. Hy wys vir haar hoe ’n man behoort op te tree en het ’n reuse impak op haar selfvertro­ue.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa