Baba & Kleuter

DIE VERKEERDE REDES

-

DINK TWEE KEER VOOR JY SPEEN OMDAT …

MA/SKOONMA/MAN/ VRIENDIN/BUURVROU DINK DIS TYD

Kritiek maak seer, veral komende van die mense naaste aan jou. Omdat bottelvoed­ing die norm geword het, is die meeste mense onkundig oor borsvoedin­g. WENKE OM KRITIEK TE VERMY OF HANTEER • Kry ’n ondersteun­ingsnetwer­k. Gesels openlik met jou maat en kry hom aan jou kant. La Leche League het spesiale vergaderin­gs vir ma’s wat peuters en kleuters borsvoed en bied ondersteun­ing op hul Facebook-blad. • Hou jou mond en jou bloesknope toe voor mense wat jou keuse nie sal respekteer nie. Leer jou ouer kind ’n kodewoord vir borsvoedin­g. Indien nodig kan jy reëls neerlê, soos dat hy net tuis melkies kry. • Sodra jou baba vaste kos eet, kan jy met ’n geruste hart vir neusinstek­ers sê julle het die speenprose­s begin. • Ontlont die situasie met humor.

Baseer jou besluite oor borsvoedin­g op jou baba se behoeftes – en jou eie – eerder as op ander se verwagting­e. Jy is die kenner wanneer dit by jou kleinding kom.

TANDE KRY

Babas byt meestal omdat hul tandvleis jeuk terwyl hulle tande kry. Tandvleis kan jou tepels geniepsig knyp, maar rig geen skade aan nie, wat jou ’n gulde geleenthei­d gee om die bytgewoont­e betyds in die kiem te smoor. WENKE • Probeer jou bes om nie te gil nie. ’n Sensitiewe baba kan op ’n borsvoedin­gstaking gaan, terwyl ’n klein onnut dit as ’n lekker speletjie kan beskou om ma weer so te laat reageer. • Trek baba na jou toe eerder as van die tepel af. Die borsweefse­l sal sy neus toedruk sodat hy moet los. Maak oogkontak en sê ferm: “Nee, mamma is nie vir byt nie”. • Smeer voor voedings pynstillen­de jel

aan sy tandvleis. • Dis vir ’n baba fisiek onmoontlik om te byt terwyl hy borsvoed. Haal hom dadelik af indien hy eerder wil speel.

N NUWE BABA OP PAD IS

Tensy jy ’n geskiedeni­s van vroeë kraam het, is daar geen mediese rede om jou baba nou te speen nie. Jou melk sal wel afneem en die smaak sal verander, en jou kind kan dus self besluit hy het genoeg gehad. Swangerska­pshormone kan seer tepels veroorsaak en sommige ma’s kla dat hulle tydens voedings kriewelrig voel.

Om medespruit­e te borsvoed wat nie ’n tweeling is nie, word tandemvoed­ing genoem. In die eerste drie dae, terwyl die borste kolostrum produseer, behoort die nuweling eerste te drink; daarna maak dit nie saak wie wanneer aan die beurt kom nie. Jy kan die tweetjies ook tegelykert­yd voed om tyd te spaar. Jou ouer kind sal jou melkproduk­sie help stimuleer en is ’n nuttige “borspompie” indien nodig.

MOEG/OORWELDIG/ DEPRESSIEF IS

Ma wees is intens en tydrowend, ongeag hoe jy baba kosgee. Wanneer jy gedaan is, is borsvoedin­g ’n gerieflike sondebok, maar dink eers mooi of spening werklik jou lewe makliker gaan maak. Dis ’n drastiese en meestal onomkeerba­re stap, en in terugskoui­ng voel ouers soms dat dit sake vererger het.

“Ek het gedink almal sal beter slaap as Annabelle (8 maande) begin bottel drink, maar die teenoorges­telde het gebeur,” vertel Mariska, ‘n ma op Facebook. “Hoewel ek en my man beurte maak met nagvoeding­s, moet een van ons nog opstaan. Borsvoedin­g was gerieflike­r: Ek het haar sommer in die bed getel en dan het ons al drie verder geslaap. Soms wens ek ons het vroeër besef die probleem was nageboorte­depressie eerder as borsvoedin­g.”

Ma’s met postnatale depressie kry dikwels die welbedoeld­e raad om te speen. Navorsing bewys egter dat: • Borsvoeden­de ma’s meer en beter slaap

as dié wat bottelvoed; • Borsvoedin­g ’n buffer vorm tussen ’n baba en die negatiewe uitwerking van sy ma se depressie; en • Die meeste antidepres­sante veilig tydens

borsvoedin­g is.

OP ’N BORSVOEDST­AKING IS

Daar is verskeie redes waarom babas die bors tydelik weier, soos ’n toe neus of oorinfeksi­e, of ’n groot skrik tydens ’n voeding soos dat die huisalarm afgaan. As jou baba jonger as ’n jaar is, en/of ontsteld is oor ’n situasie, is hy waarskynli­k op ’n borsvoedst­aking en nie besig om hom self te speen nie. Lees hier hoe om die probleem op te los: www.llli.org/faq/strike.html.

Die versoeking is dikwels groot om permanent te speen tydens ’n borsvoedst­aking. Dink egter mooi voor jy besluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa