Baba & Kleuter

EK WAS NIE GEREED NIE

-

“Ek wou Liam toelaat om self te speen,” vertel Lauren Smith op Facebook. “Kollegas en vriende se kinders het dit almal ná twee gedoen, meestal eers op drie. Toe hy ses maande oud was, is ek terug werk toe. Ek het uitgemelk en bedags het hy bottels borsmelk gekry. Ons het meestal in dieselfde bed geslaap en hy sou sommer aan my slaapklere trek en homself help. Die voedings soggens, saans en oor naweke was vir my nog so lekker. Ná 13 maande het dit stelselmat­ig minder geword, tot hy op 15 maande een oggend glad nie wou borsvoed nie. My hart was baie seer – dit was so ’n spesiale ervaring. Ek het nooit verwag dit sou so vinnig, of so totaal, eindig nie, maar ek is dankbaar ons het 15 maande gehad, en dat ek Liam nooit gedwing het nie. Dit was ’n heel natuurlike proses.”

AS MA LEIDING NEEM

Die meeste ma’s wil vroeër speen en dus ’n meer aktiewe rol speel. Hier is ’n paar wenke: • Geleidelik is gewoonlik beter, vir jou

baba en jou borste. • Skakel een voeding per week uit. Middagvoed­ings werk dikwels goed, aangesien babas meer geheg is aan hul wakkerword- en slaaptydro­etine. • Pa kan baba se aandag aflei deur met voedingsty­e met hom te speel of gaan stap. • As jou baba jonger as ’n jaar is, moet hy verkieslik bottel drink om sy suigbehoef­tes te bevredig. Daarna kan hy ’n koppie gebruik. • Raadpleeg ’n pediater of klinieksus­ter oor ’n geskikte formule. Gewone koeimelk moet in die eerste jaar vermy word. • Soms is dit nodig om twee treë vorentoe en een agteruit te neem. Baba word dalk siek, of is baie huilerig en onseker, of jou borste is oorvol. Hou ’n oop gemoed en wees geduldig, al duur dit langer as wat jy beplan het. Tydsbereke­ning is belangrik. Baba sal harder teen die prikkels skop op stresvolle tye, soos met ’n trek, of wanneer hy met dagsorg begin. Skeidingsa­ngs begin teen nege maande en kan spening ook bemoeilik.

SKIELIKE STAKING

Behalwe in noodgevall­e is skielike spening nie ’n goeie plan nie. Omdat jou baba borsvoedin­g met liefde verbind, kan hy verwerp voel. Oorvol borste verhoog die gevaar van verstopte melkbuise, mastitis en borsabsess­e – selfs al neem jy medikasie om jou melkproduk­sie te onderdruk. As julle skielik moet ophou, soos wanneer jy ’n mediese prosedure moet ondergaan, is ’n natuurlike­r benadering veiliger, vinniger, en doeltreffe­nder. GAAN SÓ TE WERK • Melk uit wanneer jou baba sou gevoed het, maar net genoeg om jou borste gemaklik te hou. Rek die sessies gaandeweg verder uitmekaar. • Gebruik koue kompresse en koolblare

vir pyn en swelling. • Kry mediese hulp as ’n jy teer, rooiwarm knop in jou bors kry en/of grieperig voel.

Hoewel die speenprose­s gewigtig voel, is dit ’n enkele treetjie op jul borsvoedin­gsreis – ’n oomblik in jul lewenslang­e verhouding. Benader dit sensitief en liefdevol, doen wat vir julle werk, en koester die mooi herinnerin­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa