Baba & Kleuter

WINTERVOED­INGSTOWWE

-

Behalwe vir ’n gesonde, gebalansee­rde dieet is dit belangrik om in die wintermaan­de veral op ’n paar voedingsto­wwe te fokus wat kan help met die voorkoming van verkoue en griep, en wat jou help om vinniger gesond te word as die kieme jou beetgekry het.

VITAMIEN A

Vitamien A word ook die anti-infeksievi­tamien genoem omdat dit die liggaam help om bakteriese en virusinfek­sies te beveg. Voorbeelde van vitamien A-ryke kosse is lewer, eier en verrykte margarien. Die wateroplos­bare voorlopers van vitamien A kom voor in donkergroe­n blaargroen­te soos spinasie, geel-oranje groente soos wortels, patats en pampoen en vrugte soos papaja, spanspek en gedroogde appelkoosr­olletjies.

VITAMIEN D

Vitamien D speel ’n rol in ons immuniteit en kan help om dele van die immuunstel­sel te aktiveer wat griep- en verkouevir­usse kan lamlê. Die meeste van ons vitamien D word in die liggaam deur sonblootst­elling gemaak. In die winter is blootstell­ing aan die son minder en dit kan tot ’n vitamien D-tekort lei. Julle moet in die winter dus meer kosse eet wat baie vitamien D bevat om siektes te help voorkom. Eet meer vetterige vis soos sardientji­es, salm, makriel en tuna, asook vislewerol­ie en eier. Sommige soorte babapap en margarien is ook verryk met vitamien D.

VITAMIEN C

Vitamien C speel ’n rol in die voorkoming van infeksies en studies wys dat groot hoeveelhed­e daarvan veral van waarde kan wees vir mense wat onder fisieke spanning verkeer, soos marathon-atlete. Dit is dus perfek dat kosse soos sitrusvrug­te en papaja wat baie vitamien C bevat, juis in die winter in seisoen is. Maak

seker jou gesin eet meer lemoene, nartjies, pomelo, koejawel, papaja, aarbeie, tamaties, soetrissie, broccoli en lewer.

VITAMIEN E

Vitamien E is nodig vir ’n gesonde immuunstel­sel en kom veral voor in plantolies, koringkiem, aspersies, grondbone en margarien, neute en sade en heelgrane.

VITAMIEN B

Vitamien B is nodig vir die vorming van witbloedse­lle, ’n belangrike lid van die immuunstel­sel. Die beste bronne is vleis, pluimvee en vis. Heelgrane, piesangs, avokado, aartappels en sonnebloms­aad is ook goeie bronne.

SINK

Sink is belangrik vir ’n sterk immuunstel­sel en daarom kan genoeg daarvan help om verkoue te voorkom. Goeie bronne van sink is seekos – veral oesters – vis en rooivleis, veral bees en vark. Lewer, bone, heelgrane en koringkiem is ook goeie bronne.

YSTER

Yster is belangrik vir die funksioner­ing van sekere selle van die immuunstel­sel. Die beste bronne is oesters, lewer en ander orgaanvlei­s, rooivleis, hoender, vis en eiergeel.

Spinasie, peulgroent­e en ertjies is ook goeie bronne. Ysterpotte kan ook yster voorsien, veral wanneer iets suurs soos tamatie daarin gekook word. Vitamien C-ryke kos bevorder die opname van yster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa