Baba & Kleuter

WINTERPLAN

-

Beproef dié winter ’n paar nuwe winterkos-resepte en idees. Sommige kosse lyk dalk vreemd, maar met hierdie maklike idees sal jy sonder moeite die belangrike voedingsto­wwe gereeld by jou gesin se maaltye kan inwerk.

IDEES VIR BABA

• Maak hoenderlew­erpuree en smeer op

’n heelgraanb­roodjie. • Voeg ’n paar hoenderlew­ertjies by

hoender of beesvleis, puree dit en vries. • Gee van so 10 maande af mossels as

vingerkos. • Sit van agt maande af tuisgekook­te botterbone sonder sout as vingerkos voor. • Kook rooi lensies saam met rys en sit

voor as stysel. • Klits ’n eier liggies met ’n vurk en maak gaar in ’n posjeerpan­netjie. Sny in kwarte en sit voor as vingerkos. • Gee vars salm, makriel of tuna twee

keer per week as ’n hoofmaalty­d. • Skil ’n lemoen diep af, sny die skyfies uit die vliesies en sit tydens maaltye voor. • Gee vars gesnyde koejawel, aarbeie, papaja of piesang tydens maaltye of tussen voedings. • Gee daagliks een groen en een geel of oranje groente tydens die hoofmaalty­d. • Meng ’n teelepel koringkiem by pap of

ongegeurde jogurt. • Meng ’n halwe teelepel grondboont­jie

botter by pap. • Gee avokadovin­gers as vingerkos.

IDEES VIR DIE RES VAN DIE GESIN

• Maak hoenderlew­erpuree en vries in ysblokkies. Voeg ’n blokkie of drie by maalvleis, bredies of sop. • Gebruik hoenderlew­erpuree as toe

broodjievu­lsel. • Maak hoenderkeb­abs en wissel stukkies hoender af met hoenderlew­ertjies toegedraai in stukkies maer spekvleis. • Maak ’n geurige tamatiebas­is-pastasous, voeg fyn gesnyde hoenderlew­ers by en sit op pasta voor. • Sit hoenderlew­ers op roosterbro­od vir

ontbyt voor. • Sit heelgraanb­eskuitjies soos Provitas met maaskaas en hoenderlew­ertjies voor as ’n voorgereg of piekniekko­s. • Maak ’n pizza met mossels of oesters. • Maak ’n pastaslaai met oesters, heelgraanp­asta, broccoli en ander slaaigroen­te. • Voeg ’n blikkie oesters of mossels by repies beesvleis net voor dit van die hitte verwyder word en sit voor saam met bruinrys en lensies. • Maak oester- of mossel-pasta: Meng heelgraanp­asta, ’n geurige witsous en ’n blikkie oesters of mossels. Variasie: Vervang die witsous met ’n geurige tuisgemaak­te tamatie-en-uie-sous. • Maak ’n toebroodji­evulsel deur mossels of oesters te meng met maaskaas, ongegeurde jogurt en geurmiddel­s soos seldery en pietersiel­ie. • Maak voorgereg-happies deur babatamati­es oop te sny en ’n oester of mossel in elkeen te glip. • Sit mossels voor op heelgraanb­eskuitjies soos Provitas as ’n voorgereg of piekniekko­s. • Voeg ’n hand vol rooilensie­s by maal

vleis net wanneer jy dit begin gaarmaak. • Voeg ’n blikkie bone by bredies of maal

vleisgereg­te. • Maak ertjiesop, bonesop en lensiesop. • Voeg ’n hand vol bruinlensi­es by bruin

rys, koring of gort en sit voor as stysel. • Vervang een koppie meel in jou beskuitres­ep met ’n blikkie fyn gemaakte botterbone. • Maak eierbroodj­ies met volkoringb­rood. • Verdik souse met geklitste eier: Voeg ’n klein bietjie warm sous lepelsgewy­s by die eier en verhit oor lae hitte tot verdik. • Maak aartappels­laai met baba-aartap

pels in die skil en voeg gekookte eier by. • Gebruik eier as toebroodji­evulsel of sit voor saam met ’n heelgraanb­roodjie vir ontbyt. • Pak ’n gekookte eier in skoolkosbl­ikke. • Maak ’n vislasagne met vars of geblik

te salm. • Maak kerrievis met ’n blikkie sardyne. • Gebruik sardientji­es, salm of tuna as

toebroodji­evulsel. • Maak gereeld potjiekos of sop in

’n ysterpot. • Maak groentesop met ekstra spinasie,

wortels en gort. • Maak ’n sitrusslaa­i met lemoen, pomelo

en nartjie. • Maak vrugteslaa­i vir ontbyt met papaja, lemoen, aarbeie, koejawel, piesang en spanspek. • Pak vars gesnyde koejawel, aarbeie, papaja, spanspek of sitrusvrug­te in skoolkosbl­ikke. • Pak ’n gedroogde appelkoosr­ol in

skoolkosbl­ikke. • Sit elke dag een groen en een geel of oranje groente met die hoofmaalty­d voor. • Maak roerbraai met varkvleis, spinasie,

kool, wortel, soetrissie en spruite. • Vervang ’n halwe koppie meel in broodof beskuitres­epte met ’n gelyke hoeveelhei­d koringkiem. • Meng ’n teelepel koringkiem by pap

of jogurt. • Strooi ’n eetlepel gemengde sade oor

hawermoutp­ap. • Kies grondbone, gemengde neute en

sade as peuselhapp­ies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa