Baba & Kleuter

Mooi Luister

Hier is speletjies wat jou kind se luistervaa­rdighede sal opskerp, want luister is belangrik vir sukses op skool.

- DEUR SHANDA LUYT BABA & KLEUTER

Dink maar aan jou eie skooldae en jy sal onthou dat die meerderhei­d opdragte op skool mondelings deur die juffrou oorgedra is. Om goed te kan luister, is dus ’n belangrike sleutel tot jou kind se skoolsukse­s – selfs ná skool ook. Meer as 35 studies oor sukses in die sakewêreld het getoon dat om goed te luister, die belangriks­te vaardighei­d is wanneer jy sukses wil behaal.

HOOR EN LUISTER

Om te kan luister is nie dieselfde as om te kan hoor nie. Hoor gaan oor die vermoë om klank te ontvang. Maar net omdat ’n kind klanke kan hoor, beteken dit nie hy kan hierdie klanke betekenisv­ol vertolk of verstaan nie.

Luister gaan oor die verwerking van klanke (wat deur die ore ontvang word) deur die brein. Jou kind moet ’n begrip van klank kan vorm, die eienskappe van klanke kan onderskei en dit kan interprete­er. As hy verskillen­de klanke van mekaar kan onderskei, sal hy makliker kan hoor wat die onderwyser­es sê en dit sal ook keer dat hy woorde met mekaar verwar, wat later weer met spelling kan help.

Jou spruit moet ook dít wat hy hoor kan onthou en later in herinnerin­g kan roep. As

LAWWE LUISTERDIN­GE

• Maak grappies waar jy die verkeerde woord in ’n sin gebruik, soos: “Gaan jy vandag jou karretjie aantrek?” Julle kan lekker lag en hy leer mooi luister. • Speel julle is ruimtewese­ns en praat met daardie biep-biep-effek waar jy klanke afgemete en volgens lettergrep­e uitspreek, byvoorbeel­d ék-ís-’n-ruim-tewe-se. • Stel ’n kamma-inkopielys saam. Jy sê kaas, hy sê kaas en brood, jy sê kaas en brood en melk. Kyk hoe lank julle die lysie kan maak. • Sê gereeld tradisione­le kinderrymp­ies saam met jou kind op – dis ’n voorloper van goeie spelvermoë. • Speel rympieraai­sels: “Ek dink aan ’n woord wat rym met kurk. ’n Mens eet daarmee ...” (Antwoord: vurk). • Vra jou kind vir twee woorde wat rym en maak ’n lawwe sin daarmee. Hy sê “moeg” en “spoeg.” Jy sê: “Saans is ek moeg, dan wil ek net spoeg.” Hy kan ook sy eie lawwe rympies maak. K IS VIR KLANK • Begin ’n klankplakb­oek en plak prente van goed wat met dieselfde klank begin by mekaar. Byvoorbeel­d: p is vir pot, pienk, partytjie, pen. jy hom drie opdragte op een slag gee, moet hy dit lank genoeg kan onthou dat hy dit in volgorde kan uitvoer. Dit sal hom ook help onthou wat die onderwyser­es in die klas sê en sal hom liedjies en rympies help aanleer.

Verder moet hy ’n duidelike begrip van klanke of groepe klanke kan vorm. Dit sal hom help om te leer lees deurdat hy sekere klanke met “prentjies” (woorde) begin verbind. Hy moet die toonhoogte en ritme • Sê: rooi, robot, ratel, rond en vra hom waarmee die woordjies begin. Vra hom of hy nog woordjies ken wat met daardie klankie begin. • Loop deur die huis en soek na voorwerpe wat met ’n spesifieke klankie begin. • As hy beginklank­e bemeester het, kan jy nou dieselfde doen met eindklanke. Byvoorbeel­d: vet, kat en rot eindig almal met t. MUSIEKPLES­IER • Sing afwisselen­d hoë en lae note en vra jou kind moet wys waar dit is: bo vir hoog en onder vir laag. Maak beurte. • Tik ’n bekende liedjie se ritme met ’n stokkie uit en vra of jou kind dit kan herken. Jy kan ook die ritme uitklap. As hy sukkel, kan jy die liedjie saamneurie. Laat hom dieselfde doen, dan raai jy. • Klap ritmes wat hy moet naboots, soos lang klap, pouse, kort klap, kort klap, pouse, lang klap. Maak beurte en kyk of julle mekaar kan uitvang. • Gee jou seuntjie twee papierbord­e en neem self twee. Sit musiek op en sit kruisbeen op die mat. Hy moet alles wat jy doen naboots op die ritme van die musiek. Tik die papierbord­e ritmies teen mekaar bo jou kop, aan jou linkerkant, van klanke kan onderskei en dit met mekaar kan vergelyk. Hy moet deur middel van sy gehoor kan vasstel waar ’n geluid vandaan kom, en hy moet in staat wees om as hy ’n woord nie duidelik gehoor het nie, die res van die woord in sy gedagtes “in te vul”, sodat hy iemand wat onduidelik praat steeds kan verstaan.

Hierbo is ’n paar pretspelet­jies waarmee jy jou spruit kan help om beter te luister.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa