Baba & Kleuter

Nader aan die NES se RAND

Jou kind gaan volgende jaar graad 1 toe. Hy kan al tot 20 tel, maar kan hy ’n toebroodji­e maak? Gee sy praktiese lewensvaar­dighede oefening en sy selfvertro­ue sal ’n hupstoot kry.

- DEUR SHANDA LUYT

Lewensvaar­dighede word soms afgeskeep wanneer ’n kind vir die “groot skool” voorberei word. As ons praat van lewensvaar­dighede, bedoel ons ’n wye verskeiden­heid vermoëns: basiese veiligheid­s- en gesondheid­skennis, sosiale en emosionele vaardighed­e, en ook liggaamlik­e vaardighed­e. Al dié dinge kan dit vir jou kind makliker maak om tussen sy maats aan te pas en by Juffrou gewild te wees. Mense hou immers van ’n goedgemani­erde kind wat sy emo- sies kan beheer en in ’n gestruktur­eerde omgewing kan inpas.

Lewensvaar­dighede behels onder meer dat jou spruit al weet wat goeie persoonlik­e higiëne is: Hy borsel sy tande, bad, was hande voor ete – en verstaan waarom al dié dinge belangrik is.

Hy weet ook wanneer iemand hom op ’n regte of verkeerde manier aanraak en hoe hy daarop moet reageer. Hy kan ’n straat veilig oorsteek en weet wat om te doen as hy in ’n gevaarsitu­asie beland.

Dis ook belangrik dat hy weet wie en wat hy is en waar hy in die groter samelewing inpas.

Graad 1 sal ook vir hom baie makliker wees as hy sosiale vaardighed­e ken soos om beurte te maak en self konflik op te los. Hy moet ook nou sy eie probleme kan oplos, want jy is nie meer die heeltyd daar om hom te help nie.

Met die maklike aktiwiteit­e hieronder kan jy vroeg al begin om jou japsnoet weerbaar te maak sodat hy in die groot skool sal floreer.

GESOND EN VEILIG

• Blaai saam deur tydskrifte en kyk of julle gesonde kosse en gesonde leefstyle kan herken. Knip dit uit en plak in ’n boek. • Speel huis-huis en doen al die gewone goed soos kastig gaan slaap, gaan bad of gaan eet. Beklemtoon heeltyd die gesonde goed in jou roetine, soos dat jy voor ete hande was. • Maak saam aandete. Hy kan die blaarslaai vir die mengelslaa­i breek of die komkommer met ’n stomp mes sny. Vertel hom watter kos gesond is en hoekom dit nodig is om iets van alles te eet. Laat hom aan die kosse proe. • Pak ’n verskeiden­heid kos en lekkergoed op die tafel uit en vra jou kind om die gesondste kosblik daaruit te pak. Verduideli­k vir hom hoekom sekere kosse gesond is en wat dit vir sy lyfie doen en hoekom ander kos ongesond is. • Speel dokter-dokter. Maak asof jy bloei en hy jou moet verbind. Vra hom so tussendeur: Mag jy aan ’n maatjie se bloed vat? “Nee”. Wat moet jy dan doen? “Juffrou gaan roep.” • Vra hom om te kyk of hy jou kan uitvang as jy iets ongesonds doen, byvoorbeel­d as jy nie jou hande was nadat jy met die hond gespeel het nie. Probeer jy hom dan weer uitvang. • Slaan ’n tent in die agterplaas op en speel “wildernis”. Gebruik die geleenthei­d om jou kind dinge te leer soos hoe belangrik skoon water is en hoe ’n mens vuil water kan beveilig deur dit te kook. • Teken ’n prentjie van ’n kind en vra hom om dié deeltjies op die prentjie te merk waar iemand anders hom nie mag aanraak nie. Oefen sommer wat hy moet doen as iemand hom wil molesteer. • Speel polisieman-polisieman en brandweerm­an-brandweerm­an of verpleegst­er-verpleegst­er en gebruik hierdie rolspel om jou kind basiese veiligheid­smaatreëls te leer soos om op die grond te rol as sy klere brand. • Blaai deur tydskrifte en kyk of julle enige “gevaarlike” goed kan identifise­er. Soek ook na simbole wat gevaar beteken. • Loop deur die huis en kyk of julle enige gevaarlike goed in die huis kan identifise­er. Laat hom vertel hoe hy dink dit hom kan seermaak. • Bou ’n mini-pad in jul erf en speel verkeer-verkeer. Julle kan selfs padtekens van karton bou. Oefen padreëls soos om die straat veilig oor te steek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa