Baba & Kleuter

Ontwikkel op die SPRINGMAT

- KLINIESE DIEETKUNDI­GE KLINIESE SIELKUNDIG­E

My kind is mal daaroor om op sy springmat te spring. Hy sal letterlik ure daarop deurbring as ek hom los. Ek het al baie gehoor hoe goed dit vir kinders is. Watter voordele het trampolien spring? Is daar oulike speletjies wat ek hom op die springmat kan laat speel om sy vaardighed­e oefening te gee?

LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Trampolien spring hou vir kinders voordele in op ’n fisieke, emosionele, akademiese en sosiale vlak. ’n Studie deur Nasa het gewys dat 10 minute op ’n trampolien gelykstaan­de is aan 33 minute se kardiovask­ulêre oefening.

Die hormone wat ons gelukkig laat voel (serotonien, dopamien en endorfiene) word afgeskei – dis waarskynli­k waarom kinders meestal lag en glimlag wanneer hulle op die trampolien spring. Die springaksi­e stimuleer ons bewegingsi­ntuie (die vestibulêr­e en propriosep­tiewe stelsels) wat ’n positiewe invloed het op liggaamsbe­wustheid, motoriese beplanning, spiertonus, balans en koördinasi­e – om net ’n paar te noem.

Veral vir apie-kinders* – kleingoed wat daarop uit is om sensoriese stimulasie te soek – is ’n trampolien ’n wonderlike manier om die noodsaakli­ke beweging-insette te kry wat hulle nodig het. OULIKE SPRINGMAT-SPELETJIES • Gebruik buitekryte om prentjies, vorms, letters en syfers op die springmat te skryf. Jy kan jou kind dan aanmoedig om op die sirkel, die nommer 3 of wat ook al te spring. • Tradisione­le speletjies soos ringaring o’roses, vroteier en aan-aan kry nuwe lewe op die springmat. • Boudjie-bons: Spring op die voetjies, land dan

op die sitvlak en dan weer op die voete. • Teiken gooi: Maak ’n teiken langs die trampolien en moedig jou kind aan om sagte sponsblokk­e of opwasspons­ies na die teiken te gooi.

• Na-apertjie: Maak ’n beweging of ’n springpatr­oon en moedig jou kind aan om jou na te boots. • Springmiel­ies: Laat jou kind opgekrul sy bene vashou en in die middel van die springmat sit. Spring langs hom tot sy bene loskom. • Verkeersli­g-speletjie: Jy sê watter kleur die lig is. As dit groen is, hardloop jou kind op die trampolien rond, as jy sê oranje, kom jou kind tot stilstand en as jy sê rooi, staan hy doodstil. Let op die volgende veiligheid­smaatreëls: • As jou trampolien nie in die grond gesak is nie, behoort jy ’n net reg om die trampolien te span. Maak seker die rits van die deurtjie word toegemaak en toegehou terwyl die kinders spring. Maak jou trampolien skoon sodat daar nie saadjies op die trampolien is waarop jou kind kan gly nie. • Moet nooit enige speelgoed op die trampolien sit nie. Dit sluit in balle, ballonne, karretjies en ook poppe. Hoewel dit die speeltyd op die springmat interessan­t maak, verhoog dit die gevaar van beserings. Ek weet net van te veel beserings wat op dié manier opgedoen is. Die enigste uitsonderi­ng is klein sponsies – soos die opwasspons­ies wat gebruik kan word om na teikens te gooi. • Moet ook nie water kombineer soos met sproeiers of watergewer­e nie. Dit verhoog ook die beseringsg­evaar.

* Gaan gerus na www.lizannedup­lessis.com om meer van jou kind se temperamen­t te wete te kom, of lees daaroor in Lizanne se boek Maak gelukkigek­indersgroo­t (Metz Press).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa