Baba & Kleuter

WINTERPRET IN JUNIE

Die sesde maand is ysig koud. Hou die atmosfeer in die huis warm met dié lekker doendinge.

-

1

Trek warm aan en gaan stap in ’n park naby jul huis.

Maak papierboot­jies en speel daarmee in ’n mengbak met ’n bietjie water in. Kyk wie s’n die langste dryf.

Maak vir elk lid van die gesin ’n stomende beker Horlicks en sit knus bymekaar terwyl jy vir jou kinders storie lees.

Laat elke lid van die gesin ’n wens neerskryf. Verbrand elkeen se papier met die wens daarop in die kaggel nadat julle dit hardop vir mekaar gelees het.

2 3 4

As jy in Durban woon kan jy en jou kinders op 5 Junie deelneem aan Spar se 10 kmuitdagin­g vir vroue. Daar is ook ’n 5 km-pretloop. Gaan na www.sparwomens­race.co.za vir nog inligting.

6

In die winter is ’n mens se tuin maar vaal. Koop of maak hangvlaggi­es wat julle in die tuin aan bome kan vasmaak om die tuin op te kikker.

Kook soppe van verskillen­de geure en vries dit.

Skaf ’n paar mooi potte aan en plant huisplante daarin om ’n bietjie groenighei­d in die huis te bring.

7 8 13

Hou ’n kruiwaloop-kompetisie met al die gesinslede. Dit is pret en sommer ook goeie oefening.

Laat jou kinders help om heerlike gesondheid­sbeskuit te bak – dis gerieflik om in die huis te hê vir koue dae wanneer die honger knaag.

Bou ’n kombersfor­t en speel saam met jou kinders daar. Laat jou kinders toe om daar te slaap.

J staan vir Junie. Laat jou kind voorwerpe soek wat met J begin.

Loer in by Huisgenoot, You en Drum se Gateway to Space-tentoonste­lling in Sandton waar jou kleingoed kan sien hoe ’n ruimtetuig lyk. Daar is ’n model van die Apollo-kapsule en selfs ’n maanklip waaraan jou kind kan raak. Kaartjies is beskikbaar by Computicke­t.

14 15 16 17 23

Hou piekniek op die sitkamerma­t. Gooi ’n kombers oop, eet vingerkoss­e uit ’n piekniekma­ndjie en vra jou kinders uit oor hul dag.

Meng ’n tuisgemaak­te voetskropm­iddel en sorg dat elke lid van die gesin ’n beurt kry. Smeer jou kinders se voetjies lekker dik met room en trek wolsokkies aan wanneer julle klaar is. Meng ½ koppie bruinsuike­r, ½ koppie sout, ½ koppie olyfolie en 10 druppels pepermento­lie (of enige gegeurde olie van jul keuse).

Blaai deur jou kinderalbu­ms om jou kinders te wys hoe jy gelyk en wat jy gedra het toe jy jonger was.

24 25

Trek lekker warm aan, sit ’n mus op, wikkel ’n serp om jul nek en gaan stap saam om die blok. Dit sal julle almal lekker vars laat voel.

27

K staan vir koud en is die elfde letter in die alfabet. Laat jou kinders elf keer met die springtou spring. As hulle nog te klein is om die springtou self vas te hou, sorg dat jy en pa elkeen ’n punt het en hou dit laag terwyl julle dit stadig heen en weer swaai en die kleintjies in die middel daaroor laat spring.

Staan een koue oggend vroeg op en maak ’n heerlike ontbyt van spek, eiers, worsies, roosterbro­od en tamatie. Verras jou kinders daarmee in die bed.

Geniet ’n lang middagslap­ie saam met jou kind. Dit is soms lekker om niks te beplan of te reël nie en sommer net lui te wees.

Bou ’n binnenshui­se hindernisb­aan. Gebruik kussings, tafels en stoele om van jul energie ontslae te raak en saam pret te hê.

28 28 30

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa