Baba & Kleuter

& S KpEyTnEe: HIER IS RAAD

Selfs die maklikste swangerska­p gaan met pyne en skete gepaard, of dit nou naarheid of ’n seer rug is. Ons bekyk 14 van die grootste sondaars.

- BABA & KLEUTER DEUR LIBBIE JOUBERT

OGGENDNAAR­HEID

Oggendnaar­heid kan al teen ses weke begin en is gewoonlik teen 16 weke verby. Die oorsaak is waarskynli­k ’n kombinasie van hormone, die senustelse­l en emosies. Beskou dit as ’n teken dat die plasenta goed vasgeheg is en sy werk doen. BEPROEF DÍT: • Eet of drink gemmerkos of -drankies. • Eet of drink iets soggens voor jy opstaan. • Vermy sterk geure. • Vermy sigaretroo­k. • Eet sodra jy effens honger is. • Doen iets wat jou aandag van jou naar

heid aftrek (sing help soms!). • Vermy vetterige kos. Koolhidraa­tryke kos

help weer. • As dit erg is, vra jou dokter vir hulp.

SOOIBRAND

Wanneer die suur spysverter­ingsappe uit die maag opstoot en in jou slukderm beland, kry ’n mens sooibrand. Dit ontstaan wanneer die eenrigting-sluitspier wat kos uit die slukderm by die maag inlaat, nie styf genoeg toemaak nie sodat die inhoud van die maag terug in die slukderm vloei.

Die kenmerkend­e simptome van refluks is ’n branderige sensasie in die bors en keel. Dit volg gewoonlik veral nadat jy vrugtesap, warm drankies of warm, vetterige kos ingeneem het, en is erger wanneer jy lê of buk.

Sooibrand kan so hewig wees dat kos of vloeistof tot agter in die mond opstoot, veral in die nag terwyl jy lê, en dit kan voel of jy wil verstik. BEPROEF DÍT: • Eet kleiner, meer gereelde maaltye. • Moenie iets saam met maaltye drink nie. • Vermy kos wat jy weet jou sooibrand gee. • Vermy stywe klere oor jou maag. • Eet saans klein maaltye en eet ’n paar uur voor slaaptyd sodat die kos betyds verteer word. • Sit ’n rukkie regop nadat jy geëet het en

slaap op meer kussings. • Beproef Gaviscon, ’n veilige teensuurmi­ddel op die mark wat die suur neutralise­er.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa