Baba & Kleuter

8 GOEIE REDES WAAROM ALLEENTYD ’N MOET IS

-

DIT SÊ ’JY IS BELANGRIK VIR MY’

Die feit dat jy ’n spesiale tyd in jou bedrywige skedule skep om saam met jou kind deur te bring en onverdeeld­e aandag aan hom te gee, wys vir hom in meer as net woorde dat hy vir jou ongeloofli­k spesiaal is. Watter kind het nie nodig om dit gereeld te hoor en voel nie?

REDE #2: JY LEER JOU KIND WERKLIK KEN

Mense tree anders op in ’n groep as in ’n een-tot-een-situasie. Wie verklap nou hartsgehei­me in ’n groep? As jy dus jou kind werklik wil leer ken, is alleentyd die sleutel. Dis ongeloofli­k wat ’n mens alles by jou kind hoor en sien as jy jou aandag net op hom fokus. Jy hoor van die maatjie by die speelskool wat die dag sy koekie gevat het, van die spesiale dogtertjie wat vir hom mooi is, van sy tekening waarop hy so trots is. Luister mooi, want nou is die tyd wanneer jy werklik jou kind se hart kan hoor. En moenie misloop wat hy vir jou tussen die reëls vertel nie.

REDE #3: DIT MAAK JOU KIND SOETER!

Gereelde alleenaand­ag sal aandagsoek­ende gedrag by jou kind verminder. Kinders tree dikwels stout op omdat hulle eintlik net ’n bietjie aandag soek, al is dit dan negatiewe aandag. Ons as ouers glo dikwels ons gee genoeg aandag want ons is dan by ons kinders, maar hoeveel is werklik gefokusde aandag sonder die onderbreki­ng van ’n ander kind, die telefoon of huishoudel­ike take? Gefokusde saamweesty­d waartydens hy ál jou aandag kry sal jou kind se liefdesten­k weer vol maak sodat hy dit makliker hanteer as hy later jou aandag moet deel.

REDE #4: DIT VERSKAF KOSBARE HERINNERIN­GE

Alleentyd is die ideale geleenthei­d om jou kleinding se herinnerin­gstrommel vol te maak met tradisies en onthou-jy-nogs wat hy jare daarna kan uithaal om sy hart te verwarm. Neem selfies van jul saamweesty­d: Dit hou die herinnerin­ge lewendig en sal jare later jul verhouding steeds verder verdiep wanneer julle saam daarna kyk.

REDE #5: DIT BOU SY SELFVERTRO­UE

Daar is min dinge wat jou kind se selfbeeld so bou as die seker wete dat sy ouer hom liefhet en ondersteun. Omdat spesiale een-tot-een-tyd hierdie boodskap so duidelik oordra, kry sy selfbeeld ’n stewige hupstoot daardeur. Die nuwe ervarings waaraan hy blootgeste­l word onder jou leiding sal ook sy selfvertro­ue laat blom.

REDE #6: DIS DIE IDEALE LEERTYD

Jou kind het dalk jou onverdeeld­e aandag wanneer julle iets alleen saamdoen, maar jy het ook in hierdie tyd in ’n groot mate sý onverdeeld­e aandag. Dit maak dit die ideale tyd om belangrike lewensless­e en waardes oor te dra deur jou voorbeeld: Eenvoudige beginsels soos goeie maniere, oogkontak maak en goeie kommunikas­ievaardigh­ede kan nou baie terloops aandag kry terwyl jou spruit jou voorbeeld waarneem en volg.

REDE #7: DIS ’N TOEKOMSBEL­EGGING

Gereelde alleentyd saam met jou kind versterk jul band, wat ’n noodsaakli­ke belegging in die toekoms is. Die verhouding wat jy nou bou, vorm die fondament waarop jy en jou kind se latere verhouding berus en wat julle eendag deur die stormagtig­e tienerjare moet dra ... As jy nou reeds gereelde alleentye saam met jou kind skep, is die kans goed dat hy eendag by jou sal aanklop vir raad oor die dinge wat hom na aan die hart lê.

REDE #8: DIS PRET!

Dis nie altyd maklik om te probeer oorleef, terwyl jou aandag en tyd tussen duisende dinge en mense verdeel word nie. Alleentyd saam met jou kleinding is die ideale geleenthei­d waar jy ook ’n bietjie asem kan skep en in die oomblik kan leef. Fokus op die wonder van sy kindwees, lag vir sy stories en koester sy aanraking, want dit gaan alte gou verby. Dis die heel beste deel van ouerskap, haal dus die meeste daaruit!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa