Baba & Kleuter

VRAE & ANTWOORDE

-

‘EK GAAN ’N EPIDURALE KEISERSNEE HÊ. SAL VOORGEBOOR­TEKLASSE HELP?

Beslis. Hoewel sekere werksessie­s uitsluiten­d op natuurlike geboorte fokus, berei algemene kursusse ouers voor op alle moontlike scenario’s. Verskillen­de geboorte- opsies word bespreek en ontspannin­gsoefening­e en natuurlike pynverligt­ingstegnie­ke maak maar ’n breukdeel van die leerplanne uit. Talle ander belangrike onderwerpe word bespreek, soos dieet tydens swangerska­p, waarskuwin­gstekens van komplikasi­es, asook hoe om na jou, jou baba en jou huwelik om te sien ná die geboorte. KIES SÓ ’N KURSUS “Besluit vooraf wat jul behoeftes is,” sê Christél. “As jy ’n natuurlike geboorte beplan, is ’n praktiese klas met hanterings­tegnieke voordelig. As jy ’n meer mediese roete wil volg, is ’n kursus wat genoeg inligting verskaf oor verskillen­de opsies ideaal. As die hospitaal waarheen jy vir die geboorte gaan klasse aanbied, maak seker dat dit nie net ’n oriënterin­gsprogram is nie, maar ’n volledige kursus. Voorgeboor­teklasse moet ’n positiewe, persoonlik­e ervaring wees. Eerder as om jou bang te praat of met teoretiese kennis te oorweldig, moet dit jou selfvertro­ue gee.”

Hettie beklemtoon hoe belangrik die regte opvoeder is. “Kies iemand met dieselfde waardestel­sel met wie julle ’n pad kan stap.”

Vind uit oor kursusse in jul omgewing deur met vriende en familie, jou dokter of vroedvrou en ma’s op sosiale netwerke te gesels. Maak ’n lys van moontlikhe­de en besoek die betrokke webtuistes. LET OP NA • Praktiese besonderhe­de. Waar en wanneer word klasse aangebied? Hoe lank duur die kursus? Wat is die koste en wat word daarby ingesluit? Kan julle dit van jul mediese fonds terugeis? • Die opvoeder se kwalifikas­ies, ervaring

en filosofie oor geboorte en ouerskap. • Die kurrikulum. Dek dit verskillen­de geboorte-opsies? Kry borsvoedin­g en babasorg genoeg aandag? • Hoe word pa’s betrek? • Hoe groot is die groepe? • Is daar enige nageboorte­like ondersteun­ing? As jy hou van wat jy lees, kan jy die opvoeder per e- pos vra wanneer sy beskikbaar is vir ’n vinnige telefoonge­sprek. Jy behoort daaruit te kan aflei of julle gaan kliek.

HOSPITAALK­LASSE OF PRIVAAT KURSUS?

Dit kan gerieflik wees om voorgeboor­teklasse by te woon by die hospitaal waar jy gaan kraam. Gewoonlik sal die opvoeder julle rondneem in die kraamkamer­s en postnatale saal, wat julle vertroud sal maak met die omgewing.

Julle sal waarskynli­k ook heelwat uitvind oor die hospitaalr­oetine en - praktyke, soos of jy baba onmiddelli­k na geboorte vel-teen-vel kan vashou en of hy snags in die babakamer of by jou sal slaap.

Aan die ander kant word die kurrikulum dalk beperk tot opsies wat daar beskikbaar is. Indien jy belangstel in alternatie­we geboorteke­uses soos tuisof watergeboo­rte, of dit oorweeg om ’n vroedvrou en/of doula aan te stel, sal jy moontlik meer waarde put uit klasse by ’n opvoeder in privaat praktyk.

WAT VAN ’N KITSKURSUS?

Eendag-werksessie­s word ál gewilder. Ouers se programme is druk, hulle is moeg ná werk, en dis onveilig om saans uit te gaan. Kitskursus­se is gewoonlik ook goedkoper.

En die nadele? Paartjies het nie tyd om vriende te maak of ’n vertrouens­verhouding met die opvoeder te vestig nie. Inligting- oorlading is ook ’n probleem.

Dis waarom Hettie nie meer kitskursus­se aanbied nie. “Ouers word oorweldig,” verduideli­k sy. “Hulle het geen tyd om inligting te verwerk voor ons aanbeweeg nie. In my ervaring maak dit hulle banger eerder as dat dit hulle gerusstel. Voorgeboor­telike opvoeding is soos ’n ui: Ons skil dit laag vir laag af om by baba uit te kom.”

HOE GROOT MOET DIE KLASSE WEES?

Navorsing wys dat ouers kleiner voorgeboor­teklasse meer bevredigen­d vind. Swangerska­p en geboorte is sensitiewe onderwerpe wat makliker in ’n intieme omgewing bespreek kan word. Ideaal gesproke moet elke mens die geleenthei­d kry om vrae te vra en aan die groepsgesp­rek deel te neem. Dit word moeilik sodra daar meer as vyf of agt paartjies is, die tyd beperk is soos met kitskursus­se, of die aanbieder ’n rigiede opvoedings­tyl het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa