Baba & Kleuter

MAAK LEES PRET

-

Dié blink planne om kinders in boekwurms te verander, kom van die gewilde Amerikaans­e blog yourmodern­family. com. Die blog word bedryf deur Becky Mansfield, wat ’n spelterape­ut en skrywer is.

MET DIE PRENTJIES

Om te lees gaan oor baie meer as die woorde. Kinders is gek oor prentjies. Verken die boek saam met jou kind deur na die illustrasi­es te kyk. Praat daaroor, dink saam aan die stories wat die illustrasi­e alles kan vertel, en vertel dan vir jou kind ’n storie op grond van wat in die illustrasi­es gebeur.

STIL BY DIE ILLUSTRASI­ES

Is daar ’n kat of ’n hond in die boek? As julle ’n hond sien, soek dan die woord “hond” in die boek en wys dit vir jou kind. As jou kind nog nie letters ken nie, is dit ’n manier om haar stadig daaraan te begin blootstel.

DIT SO

Hier is ’n voorbeeld van hoe jy vir jou kind kan lees: “Ek sien katjies op die bladsy. Kom ons tel gou die katjies voor hulle dalk besluit om te gaan wegkruip. Daar is drie katjies – luister gou, hulle praat met ons. Wat sê die katjies vir ons?”

Vir ’n voorskools­e kind kan jy lees: “Kyk, ek sien katjies. K. A.T. J.I.E.S. Sien jy meer as een katjie? Hoeveel sien jy? Daar is drie katjies, ja! Hoeveel katjies sal daar wees as nog enetjie bykom?”

GESIGTE EN SPAN VERSKILLEN­DE STEMTONE IN TERWYL JY LEES.

Jou hele gesig moet saamlees as jy jou kind se aandag wil behou. As jy eentonig lees, gaan dit ook nie juis belangstel­ling lewendig hou nie.

As jy werklik ’n leeswêreld vir jou kind wil ontgin, kan jy heeltemal oorboord gaan. Kies ’n boek vir die dag, soos Rooikappie. Trek soos Rooikappie aan, dra ’n mandjie met dieselfde eetgoed in en maak dit sommer jul piekniek-middagete. Maak “R” jou tema van die dag, verf met rooi verf en doen alles soos in die boek.

JOU KINDERS DIE BOEK LEWENDIG MAAK

As jy lees en ’n karakter klop aan die deur, laat jou kind aan die deur gaan klop. As die wind waai, suis soos ’n wind. As ’n maatjie in die boek ’n drukkie kry, gee vir jou ’n kind ’n drukkie. Jou kind sal dit vreeslik geniet.

OOR EN OOR

Jou kind sal jou heel moontlik 50 keer vra om die boek weer te lees, dis heeltemal normaal. So word baie dinge vasgelê – en moenie verbaas wees as sy ook die boek vir jou “voorlees” nie.

DIE NODIGE TEGNOLOGIE IN

Sommige kinders sal nie van tradisione­le boeke hou nie. Gelukkig is die tegnologie opgewasse om selfs vir hulle aan die lees te kry. Laai gerus digitale boeke af – en nog beter, interaktie­we boeke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa