Baba & Kleuter

WERK S EK VIR MA’S

Phillipa Geard van Somerset-Wes, ’n ma van twee, is die dryfveer agter RecruitMyM­om, ’n werwingsma­atskappy wat sorg dat ma’s se beroepstal­ente nie verlore gaan nie.

- DEUR SHANDA LUYT BABA & KLEUTER

WAAR HET RECRUITMYM­OM BEGIN? Ná die geboorte van my seun, Dominic (13), het ek byna drie jaar tuis gebly, maar toe het ek werk begin mis en konsultasi­ewerk gedoen vir maatskappy­e wat bemarkings­kundigheid nodig gehad het. Jare later is ek geïnspiree­r om RecruitMyM­om te begin nadat ek met baie hoogs talentvoll­e vroue met baie jare plaaslike en internasio­nale werkervari­ng gesels het wat ’n loopbaan-blaaskans geneem en die werkmark weer wou betree, maar op ’n buigsame manier. Hulle het nie geweet waar om te begin nie. As vryskutkon­sultant ek met baie maatskappy­e gewerk wat mense met bemarkings- en mediakundi­gheid nodig het, maar nie noodwendig permanent of deurentyd op kantoor nie. Ek het gevoel die neiging na meer plooibare werkopsies is ’n gulde geleenthei­d om die vaardighed­e van ma’s wat deeltyds wil werk of buigsaam wil bly, te pas by ondernemin­gs met plooibare vaardighei­dsbehoefte­s of wat bekwame mense op ’n deeltydse basis soek.

HOE HET JY GROEI VERSEKER? Aan die begin moes ek baie hard werk en baie lang ure insit om die konsep, voorkoms en gevoel van die maatskappy reg te kry sodat maatskappy­e ons ernstig kon opneem. Gelukkig het hulle! Ons het ongeloofli­ke talentvoll­e vroue getrek wat werk gesoek het in ’n profession­ele, maar plooibare omgewing. Met die regte talent en die regte maatskappy­e aan boord het RecruitMyM­om vinnig gegroei. VOEL JY JOU KONSEP HET ’N VERSKIL GEMAAK AAN MA’S SE LEWE? Voor RecruitMyM­om begin het, was vroue met kundigheid en ervaring wat baie waarde tot maatskappy­e kon toevoeg, onseker oor waar om buigsame werksopsie­s of werkgeleen­thede met korter werkure te vind. Die meeste ander werwingsag­entskappe prioritise­er heeltydse plasings. Vir maatskappy­e was daar ook geen sentrale plek om hierdie ongeloofli­ke talentvers­ameling se kundigheid te benut nie.

WAS DIE OORGANG VAN WERKNEMER NA SAKE-EIENAAR MOEILIK? Toe ek my eie ondernemin­g begin het, het ek nie geweet hoe moeilik dit soms nog sou word nie. As ek dit geweet het, sou ek dalk nooit begin het nie. Gelukkig leer ’n mens soos jy aangaan. Ek het vinnig hulp gevra as ek vashaak. Mense is wonderlik en gee graag raad. Ek moes baie aanpasbaar bly en nie te voorskrift­elik wees oor hoe dinge moes uitdraai nie. Ek moes leer om saam met die stroom te vloei. Ek leer steeds hoe om te stop en die sukses te vier namate ek aangaan.

JY VERSKAF ’N DIENS EERDER AS ’N PRODUK. ENIGE UITDAGINGS? Ek verkoop ’n diens, maar ook ’n produk. My produk is hoogs bekwame, kundige vroue wat buigsame en deeltydse werkgeleen­thede soek. Dit kan baie uitdagend wees, aangesien mense jou in die steek kan laat – selfs werkgewers kan ons in die steek laat. Die lekkerte is dat ons interaksie het en verhouding­s bou met duisende wonderlike mense. Nog ’n voordeel van ’n diens bied is dat al my personeel van hul eie huis af kan werk. Ons is nie gebonde aan ’n fabriek of kantore nie.

My grootste uitdaging is en bly om verantwoor­delik te wees vir die mense wat vir my werk. Om ’n ma te wees het my geweldig baie daarmee gehelp, aangesien ’n mens altyd verantwoor­delik is vir jou kinders. My trotsste oomblik was toe my dogter, Sadie (10), by die skool ’n storie moes skryf oor iemand wat sy bewonder. Sy het oor my geskryf en dat sy die feit bewonder dat ek my eie ondernemin­g begin het. Dit het al die harde werk die moeite werd gemaak.

VOEL JY JULLE BEMAGTIGIN­G MA’S? As ’n ma wat self my loopbaan gestaak het om tyd saam met my kinders deur te bring, weet ek hoe dit voel om verlore te raak in ma wees. Maar ek weet ook dat toe ek weer begin werk het, ek selfvertro­ue gekry het wat ek nie eens besef het ek verloor het nie. Ek het bemagtig en produktief gevoel. Ek het dit al gesien in baie van die ma’s wat ons help om werk te kry. Die gawe om mense in ’n betekenisv­olle werk te plaas, is ’n voorreg.

JOU BESTE RAAD AAN ANDER? Maak seker jy is passievol oor die besigheid wat jy begin. Moenie bang wees om raad te vra nie en bestee heelwat geld om te begin. Om jou eie besigheid te begin, bring baie druk wat ’n formele werk nie het nie. Dis in hierdie moeilike tye dat passie jou na die ander kant deurtrek. Om ’n ma-entreprene­ur te wees is nie so maklik soos dit dalk lyk nie.

KONTAK

Gaan na www.recruitmym­om.co.za of stuur e-pos na info@recruitmym­om.co.za vir nog inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa