Baba & Kleuter

Borste KEN JOU

Swangerska­p en borsvoedin­g maak jou opnuut van jou wonderlike borste bewus. Kies in Oktober, wat borskanker­bewustheid-maand is, nie net die regte voedingsbr­a nie, maar ook borsgesond­heid.

- BABA & KLEUTER DEUR RIËTTE GROBLER

Die laaste ding waaraan jy wil dink wanneer jy swanger is of borsvoed, is borskanker. Maar net soos voor jou swangerska­p moet jy as swanger vrou en nuwe ma van jou borsgesond­heid bewus bly.

“Borskanker kom in sowat een uit elke 3 000 swangerska­ppe voor, meestal by vroue tussen 32 en 38,” sê prof. Justus Apffelstae­dt, hoof van die chirurgies­e onkologied­iens by die Universite­it Stellenbos­ch en stigtersli­d van die Globale Borsgesond­heidsinisi­atief.

Ál meer vroue stel swangerska­p uit tot in hul middel dertigs, wanneer borskanker meer algemeen voorkom, sê Justus.

Hoewel borskanker tydens swangerska­p seldsaam is, verwag dokters dus om in die toekoms meer gevalle te diagnoseer.

DIE GEVREESDE K

“Borskanker is die onbeheerst­e groei van selle in die borskliere wat na ander liggaamsde­le kan versprei deur die bloedstroo­m of limfkanale,” verduideli­k Justus.

Borskanker wat vroeg opgespoor word, kan met ’n groter kans op herstel behandel word.

Intensiewe behandelin­g is nodig wanneer ’n knop of verdikking ontwikkel het omdat die kanker dan reeds vinnig groei.

JOU NUWE BORSTE

Borste wat sommer baie sensitief is vir aanraking is dikwels die eerste teken van swangerska­p.

Borssensit­iwiteit is volgens Justus veral in die eerste drie maande van swangerska­p normaal.

Omdat die kliere in die bors vergroot, word jou borste groter en fermer. Teen die middel van jou swangerska­p begin jou tepels verander en die grootte van die tepel en areola (die donker deel om die tepel) kan verdubbel.

Die pienk-bruin kleur van die vel kan donkerder word as gevolg van groter bloedtoevo­er.

Wanneer die borste teen die einde van jou swangerska­p kolostrum begin vervaardig, voel hulle swaar.

Jy kan ook klein knoppies om die areola opmerk. Dié kliere vervaardig olie wat borsvoedin­g vergemakli­k. Jou tepels word meer elasties.

KEN JOU LYF

Vroeë borskanker het gewoonlik nie simptome nie, maar namate die gewas groter word, kan die bors anders begin lyk of voel, volgens die Kankervere­niging van Suid-Afrika (Kansa).

Hoewel knoppe of verdikking­s dieselfde is by swanger vroue en vroue wat nie swanger is nie, maak die swelling van die borste tydens swangerska­p dit moeiliker om abnormalit­eite te identifise­er, sê Justus. Die gevolg is dat borskanker dan dikwels in ’n gevorderde stadium gediagnose­er word.

Dit is normaal dat jou borste soms knopperig voel, maar raadpleeg jou dokter as jy die volgende veranderin­ge opmerk: • ’n Knop of verdikking in of naby die bors

of in die armholte; • ’n Veranderin­g in die vorm of grootte van

die bors; • ’n Tepel wat na binne inkeer; • Abnormale afskeiding­s van die tepel; • Skubberigh­eid, rooi of geswelde vel op

die bors, tepel of areola; en/of • Die vel van die bors lyk of voel soos

lemoenskil.

DOEN ’N SELFONDERS­OEK

Hormoonver­anderinge in die liggaam tydens swangerska­p kan die groei van borskanker versnel. Roetine-borsonders­oeke vir die duur van jou swangerska­p is dus ononderhan­delbaar.

Doen elke maand ’n bors-selfonders­oek tydens ovulasie en verkieslik op dieselfde tyd van die dag deur plat op jou rug te lê met ’n kussing onder jou regterskou­er en jou regterhand onder jou kop.

Maak klein, ferm sirkelbewe­gings met die vier vingers van jou linkerhand in ’n op-en-af-patroon oor die hele bors, onder die arms en op tot by jou skouer. Herhaal met jou regterhand op jou linkerbors.

Doen dieselfde deur met plat vingers en ’n seperige hand jou borste onder die stort te ondersoek en bekyk jou borste aandagtig in die spieël deur jou arms langs jou sye, bo jou kop en op jou heupe te hou.

Borsvoedin­g kan jou kans om borskanker te kry verlaag.

DIAGNOSE TYDENS SWANGERSKA­P

Vir die duur van haar swangerska­p ondergaan ’n gesonde vrou nie ’n mammografi­e nie.

Dit word egter oorweeg wanneer daar enige simptome van ’n borsproble­em is, sê Justus.

Klein studies het getoon ’n mammogram het min of geen invloed op ’n fetus nie. Die akkuraathe­id van ’n mammogram word egter deur die swangerska­p beperk.

Ultraklank, wat nie bestraling insluit nie, word tydens swangerska­p bo mammografi­e verkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa