Baba & Kleuter

Goeie ouers maak só

-

WAT IS JOU DOEL?

Jou groot doel as ouer is om jou kinders voor te berei om as onafhankli­ke, verantwoor­delike volwassene­s te funksionee­r. Jy hoef nie vas te val in daaglikse krisishant­ering nie. Fokus eerder op wat ’n kind uit ’n situasie moet leer ten einde hom voor te berei vir die lewe as volwassene.

Een van die geheime is dat jy konsekwent­e grense vir jou kind moet stel, maar hom terselfder­tyd die ruimte moet gee om te kan ontwikkel. Pas jou dissipline dus deurlopend toe en wees konsekwent, ongeag jou bui. Dikwels hang dissipline daarvan af of die ouer ’n goeie of ’n slegte dag gehad het. Die gevolg is dat die kind leer dat sy gedrag van sy ouer se bui afhang en dat die reël nie ter sprake is nie. Op die ou end is die ouer in ’n posisie dat sy aanmekaar “kwaai” moet wees om haar kinders sover te kry om die reëls te gehoorsaam.

As jy egter ’n reël konsekwent toepas, leer jou kind dat sy gedrag deur die reël gerig word en nie deur jou bui nie. Só leer hy self sy gedrag beheer pleks daarvan dat jy dit heeltyd vir hom moet doen.

Dit help ook om riglyne eerder positief as negatief te maak omdat jy dan vir jou kind ’n alternatie­f vir onaanvaarb­are optrede gee. Sê dus liewer “hou jou bene stil” as “moenie so woel nie” – dan weet hy presies wat om te doen.

As jy nou reeds konsekwent­e grense in jou kind se lewe stel, sal hy eendag makliker in die grootmensw­êreld oorleef. Grense is belangrik sodat hy kan leer wat aanvaarbar­e gedrag is. Dié grense moet natuurlik realisties vir jou kind se ontwikkeli­ngsvlak wees.

Om hom te laat besef hoe belangrik hierdie grense is, kan jy hom beloon vir die regte gedrag of straf wanneer hy die grense oorsteek.

Grense moet billik en liefdevol wees. As dit onbillik of te streng is, kan dit jou kind se ontwikkeli­ng skaad. Liefdevoll­e dissipline is ’n baie belangrike bestanddee­l van ouerskap wat “goed genoeg” is – dit help verseker dat jou kind as ’n emosioneel standvasti­ge, ten volle ontwikkeld­e persoon grootword.

WYS JOU LIEFDE

Hoe weet jou kinders dat jy hulle lief het? Die antwoord is ’n drieletter woord. Tyd.

Tyd is die een bron waarvan almal ’n gelyke deel ontvang het – anders as geld – en hoe jy jou tyd deurbring, is ’n aanduiding van jou prioriteit­e.

Geen geld kan ooit die plek inneem van ouerliefde en aandag nie. Kinders wat nie in hul ouerhuis liefde kry nie, is dikwels onseker, hul selfbeeld is swak en hulle sukkel eendag met verhouding­s, hul huwelik en ouerskap.

GEE HOM VLERKE

Nog ’n belangrike aspek van ouerskap wat “goed genoeg” is, is dat jy jou kind die geleenthei­d gee om tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Dit behels elke aspek van sy funksioner­ing, van sy fisieke en intellektu­ele tot sy morele en spirituele ontwikkeli­ng.

’n Kind het ’n natuurlike behoefte aan ’n vaste basis van waar af hy sy omgewing kan ontdek.

Ouerskap wat “goed genoeg” is, sal plek maak vir ’n wye verskeiden­heid stimulasie­moontlikhe­de. Jou betrokkenh­eid en ondersteun­ing is belangrik, selfs tot jou kind al volwasse is.

Oorversigt­ige ouers perk hul kinders se ontwikkeli­ng in deur vrese. Dis beter om jou kind in beheerde omstandigh­ede met iets nuuts of gevaarliks te laat kennis maak as om hom daarvan te weerhou, sodat hy dit later uit nuuskierig­heid in elk geval toets.

Die Inheemse Amerikaner­s (Indiane) byvoorbeel­d, laat ’n kind toe om in die rigting van die vuur te kruip sodat hy self die hitte kan voel, maar hulle hou hom fyn dop terwyl hy dit doen sodat hy nie verbrand nie. Só leer die kleintjie dat dit te warm naby die vuur is en sal hy later ook van die vuur wegbly, selfs al is sy ouers nie daar om ’n oog te hou nie.

Onthou egter dat die grense natuurlik baie streng moet wees as dit kom by lewensbedr­eigende sake of dinge wat ernstige beserings kan veroorsaak.

Geld kan nooit die plek van ouerliefde en aandag inneem nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa