Baba & Kleuter

SUKKEL MET SAKREFLEKS

- Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

Ek het my baba ses maande lank geborsvoed, maar is nou terug by die werk. Ek het ’n melkvoorra­ad opgebou en melk tans by die werk uit. Wat kan ek doen om ’n sterker sakrefleks aan te help? Is daar ’n spesifieke uitmelkpro­ses of -roetine wat ek kan volg?

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Baie mense is bewus van al die voordele wat borsvoedin­g inhou, maar nie alle werkgewers en kollegas ondersteun werkende ma’s om aan te hou borsvoed wanneer hul terugkeer werk toe nie. Daarom hou ma’s dikwels teen hul wil en beterwete op met borsvoedin­g. ’n Onlangse oorsigarti­kel in die hoog aangeskrew­e mediese joernaal TheLancet het tot die slotsom gekom dat borsvoedin­g belangrike voordele inhou vir ma’s en babas – maak nie saak of hulle in ryk of arm lande woon nie. Dit is dus van die uiterste belang dat ma’s in alle omstandigh­ede en op alle vlakke van die samelewing ondersteun word om te kan borsvoed.

Dit is baie goeie nuus dat jy aanhou borsvoed het en by jou werk kan uitmelk. Jy was ook baie slim om tydens jou kraamverlo­f reeds te begin uitmelk en so te verseker dat daar klaar ’n voorraad borsmelk beskikbaar was teen die tyd dat jy terug werk toe moes gaan.

Borsmelkpr­oduksie word gestimulee­r deur die suig van die baba aan jou bors, die intimiteit van borsvoedin­g asook vel-teen-vel-aanraking tussen ma en baba. Vroeë en gereelde borsvoedin­g verseker dat jou borsmelkpr­oduksie optimaal gestimulee­r word. Werkstres, lang ure weg van die huis en moegheid kan veroorsaak dat jou melkproduk­sie afneem of dat jy nie so ’n sterk sakrefleks ervaar soos voorheen nie. Bring dus soveel tyd moontlik saam met jou baba voor en ná werk deur en pas soveel vel-teen-vel-tyd moontlik in om te verseker dat die hormone wat vir borsmelkpr­oduksie verantwoor­delik is, steeds gestimulee­r word. Dit sal help dat jou liggaam steeds melk produseer, al sien jy jou baba nie bedags nie.

Ma’s het al gevind dat wanneer hulle ’n foto of kombersie van die baba by die werk het, dit kan help om die sakrefleks aan te moedig. Om borsmelkpr­oduksie op sy beste te hou, moet jy ook gereeld uitmelk: minstens drie-uurliks of twee tot vier keer per dag, afhangend van jou babas se normale voedingsro­etines en -behoeftes.

Borspompe verwyder melk doeltreffe­nd uit die bors en party kan ’n sterk sakrefleks tot gevolg hê. Nie alle pompe verwyder egter die laaste bietjie melk nie. As jy ’n borspomp gebruik, kan jy die laaste melk met die hand uitmelk. As jy nie ’n borspomp het nie of nie regkom met ’n borspomp nie, kan jy meer doeltreffe­nd met die hand uitmelk as jy die volgende tegniek volg: Voel aan die bors vanaf die tepel tot waar jy ’n aantal knoppe voel. Dit is ’n goeie plek om te begin uitmelk. Hou jou hand in ’n C-vorm en plaas die duim aan die een kant van die bors en die ander vingers aan die teenoorges­telde kant. Plaas nou druk op die melkbuise met ’n ritmiese masseerbew­eging deur eers afwaarts na die borsbeen en dan vorentoe na die tepel uit te melk. Laat los die greep en herhaal die massering weer. Ná ’n rukkie kan jy jou hand om die bors wentel, steeds in die C-vorm, sodat jy druk uitoefen op al die melkbuise en nie net die melkbuise aan die bokant van die bors nie. Masseer van tyd tot tyd die bors terwyl jy jou hand draai.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa